FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Goudglimmer van 'n edelman

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Goudglimmer van 'n edelman Empty Goudglimmer van 'n edelman

    Post by AmmieMoon Wed 28 Sep 2011, 3:02 am

    'n meer glimlig in aandskemer
    met swart stil-gees swane
    wat onder vlerkspan skuil,
    wensklip-rimpels wat kring tot sfere
    vol belofte en begeertes te ruil

    hy vind haar dwalend in sy okkerneutboord
    ‘n asem-wit figuur, ’n swerwerskind
    soekend, verdwaald, gestroop
    en siende blind.

    omvou haar met sy grofgrein kleed
    gesoom met olyftopaas
    lei haar op sy goudvos na sy oer-klip kasba
    verskuil in misbank waas

    hoef op kobbelstene eggo
    toe sy vos die ogiefboog betree
    waar swawelrose skugter die mosbegroeide ruimtes
    van hierdie binnehof beklee

    sy teer gelaat duisel in die kruisraam
    toe hy haar oor die drumpel dra,
    haar voed met griesmeelbrood
    wyn laat teug uit 'n goue graal

    hy dompeldoop haar in koningswater
    was die mistrou uit haar oë,
    wyl die uurwerk se donker slag bevestig
    dat ‘n edelman vanaand sy hart verloor

    die magistraal van sy wêreld
    se glans verdwyn
    toe ’n animo son
    in die jonkvrou se gelaat verskyn

    hy verguld haar met sy woorde
    bedek haar met sy vlees
    beklee sy hom as koning
    van haar lewe en gees

    in stil ure van na-nag
    raak hy weer haar sagtheid aan
    sug tevrede toe sy steeds daar is
    nie net ‘n droombeeld of ‘n waan

    die goudglimmer van ‘n edelman
    verswelg deur die lier se suiwer lied
    toe hy haar die vuurstene
    van sy rykdom bied.


    © 2009 Almarie Truter
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Goudglimmer van 'n edelman Empty Re: Goudglimmer van 'n edelman

    Post by anderkant Wed 28 Sep 2011, 3:30 pm

    Hierdie is 'n puik vers - jy was nog altyd, jy is nogsteeds. Groots.

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 10:41 pm