FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Rooi op wit van jou hart se strand

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Rooi op wit van jou hart se strand Empty Rooi op wit van jou hart se strand

    Post by BennyB Wed 28 Sep 2011, 5:49 am

    bittersoet beloftes lê verwaai
    swart verweer geëts in klip
    breekwater rots in nag se storm
    bitter teer

    droë roes hang rooi
    aan roosblaar reuk
    (soos gister se verlange)
    kristalhelder in my amper realiteit

    dryfsand hou my terug
    strem beweging van onthou
    ‘n gemene spel van '' I told you so ''
    waar my hart en my gewete
    in die stik mis van nou rondspeel

    verder
    verder in geskiedenis van gister
    veer ek terug
    asof ek nog vir ‘n oomblik hier
    aan dryfhout moet klou
    vir lewe en dood

    ek skop vas en gryp na die silwer rand
    in die wit van my laaste hoop
    en daar in sy niks en nêrens
    lê die rooiste rooi
    van 'n hart se woorde
    beloftes in die witsand
    en jy die engel
    van my laatnag droom

    BennyB
    © 24/09/2011 Barend Booysen
    avatar
    johanpiek


    Location | Ligging : erens onder 'n ou eike boom
    Posts | Bydraes : 51
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-08
    Age | Ouderdom : 63

    Rooi op wit van jou hart se strand Empty Re: Rooi op wit van jou hart se strand

    Post by johanpiek Wed 28 Sep 2011, 12:39 pm

    benna..........wat kan ek se woorde ontbreek
    avatar
    Guest
    Guest


    Rooi op wit van jou hart se strand Empty Re: Rooi op wit van jou hart se strand

    Post by Guest Wed 28 Sep 2011, 1:28 pm

    elke nuwe gedig van jou gee groter momentum aan jou as meester skrywer!
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Rooi op wit van jou hart se strand Empty Re: Rooi op wit van jou hart se strand

    Post by BennyB Wed 28 Sep 2011, 2:38 pm

    Ek weet nooit hoe om op die komentaar te reageer nie, Ek staan humble in jul terugvoer...duisend dankies! afro


    Last edited by BennyB on Wed 28 Sep 2011, 3:48 pm; edited 1 time in total
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Rooi op wit van jou hart se strand Empty Re: Rooi op wit van jou hart se strand

    Post by anderkant Wed 28 Sep 2011, 3:18 pm

    Ek glo dat 'n Meester bloot "is" en ons net soms toelaat om deur die skrefies te loer. Benny, jy "is" en hierdie werk is 'n skrefies-gedagte, net genoeg om ons te laat besef dat jy mens is. 'n Grootse mens. Pragtige vers.

    Sponsored content


    Rooi op wit van jou hart se strand Empty Re: Rooi op wit van jou hart se strand

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 10:21 am