FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Gebank

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Gebank Empty Gebank

    Post by Enid Wed 28 Sep 2011, 4:03 pm

    Volgende klas is bedryfsekonomie. Fantasties, ek kan weer rondskuif soos ek wil. Ja....ek dink, aaaah dink alweer? Miskien eers agter Estelle inskuif en dan, na 'n halfuur daar agter Jean gaan inskuif.

    Ek beweeg vinnig na Estelle se kant toe en ou Warnich begin met die les.
    "Middag klas, vandag gaan ons oor kleinhandel uitbrei en wees voorbereid. Dit is 'n langvraag."
    "Hey Meneer hoeveel punte tel die vraag?" Skree, vra Schalk en die volgende antwoord tref my soos 'n bom.
    ‘Vyftig punte, Louw en maak seker julle ken dit, want julle gaan dit definitief in die eksamen kry."
    Whatever? Ek het dit reeds "gespot."

    Die res van die klas is maar.........hmmmm? Ek kan nie onthou nie, want my gedagtes is alweer op 'n ander avontuur.

    Wat sal ek en Andre vanmiddag aanvang? G...e....s....e...l....s?

    O heng! Ek het 'n uitmergelende, harde en belangrike netbalwedstryd aan. Ons moet die komende week die twee wedstryde wen, om die top liga te wen. Fokus! Verdomp fokus. Sune moet die bal van ons ratse senter Else neem en dadelik vir Karien goo,i sodat sy dit vir my kan gooi. Ek moet in 'n splitlanding by die doelpaal uitkom en daai doel, moet inwees.

    "Van Heerden! kan jy vir my die antwoord gee asseblief?"
    'Ekskuus Meneer, wat was die vraag nou weer?'
    "Ja-nee, nes ek gedink het, jy sit en dagdroom alweer in die klas , kom haal asseblief jou detensiebrief , na klas by my."

    Ag heng, moet ek alweer die eentonige, aanhoudende minute se getik sit en aanhoor in die detensieklas? Dit voel soos 'n ewigheid en ek voel juis nie op my beste vandag nie. Ons het wel die wedstryd gewen, maar nie oortuigend nie. Die minute voel soos "verdomde" ure. As ek nog eenkeer in ou "dik bril" van Niekerk se gesig vaskyk, gaan ek "krak".

    Verbeel ek my, of hoor ek 'n suzuki 1100 aangery kom? Ja, dit is, dit is my "six pack" blonde bom, wat my kom haal. My "ruiter op die wit perd".

    Ek sal nogal 'n lewe saam met hom kan bou. Kom nou, kom nou dammit!
    "Klas julle mag maar verdaag en Van Heerden maak seker dat jy nie gou weer in die klas beland nie, dit sal 'n laaaaaaaaang paadjie na meneer Neethling se klas toe wees."
    Ek skud my kop met die "wat-ookal" gevoel en gryp my tas so gou as moontlik.

    Ek moet nou by hom uitkom. Ek moet net.
    avatar
    Guest
    Guest


    Gebank Empty Re: Gebank

    Post by Guest Wed 28 Sep 2011, 6:56 pm

    aah skooldae,... heerlik
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Gebank Empty Re: Gebank

    Post by Enid Thu 29 Sep 2011, 5:10 pm

    dankie vir jou loer Nala

    Sponsored content


    Gebank Empty Re: Gebank

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 2:08 am