FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Die pad.

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Die pad. Empty Die pad.

    Post by Manie Jackson Wed 28 Sep 2011, 7:45 pm

    Stoppels in die winter wind
    Waar het ek jou toe gevind?
    Lang gras - krom gewaai.
    Waai gras om my voet gedraai!
    Sal ek ewig aanhou soek.
    Met jou die dag begroet!

    Hang die Bloekom en die Wilgerboom,
    Gebuig oor die water stroom!
    Wil ek met jou die veld besit
    Saam gaan dek n piekniek rit!
    Broodjies mooi gepak
    Konfyt uit ma se rak!

    Vou die misreen koue kombers.
    Onse lig – gebrande kers!
    Word dit donker – middel dag,
    Middag uur – skynbaar nag!
    Kan ek jou in my arms hou!
    As ons luister na die wind se rou.

    Wil ek vir jou blomme pluk in die reen!
    Gaan dalias soek as die hemel ween!
    Verlate, droe woestynsand,
    Gate in my stewels brand!
    Wil ek vir jou die vrede haal
    Vir jou geluk wil ek betaal!



    Manie Jackson
    avatar
    Guest
    Guest


    Die pad. Empty Re: Die pad.

    Post by Guest Wed 28 Sep 2011, 7:55 pm

    Manie jou verste laat my altyd dink aan die reuk van ploeg grond na die reen
    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Die pad. Empty Re: Die pad.

    Post by Manie Jackson Thu 29 Sep 2011, 12:38 am

    Dankie! dis wie ek is. dan kom dit tog uit in my skrywes ne. n boerseun met sy hart op die plaas tussen die skappe en trekkers. Very Happy
    avatar
    Nico10


    Posts | Bydraes : 57
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 38

    Die pad. Empty Re: Die pad.

    Post by Nico10 Thu 29 Sep 2011, 2:47 pm

    Ek stem saam met Ronel. Jou vers is baie aards. Goed gedoen.

    Sponsored content


    Die pad. Empty Re: Die pad.

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 1:02 am