Met oë wat
die asemsnak
rooi-wit-geel-swart
horison instaar ,wonder sy
oor gister se sorgelose
skooljare en sy mense
wat met uitdrukkinglose
gesigte die toekoms
tegemoet gegaan het
en wat van hulle geword het?
Sy wonder oor die toekoms
wat vir haar wag,
in droomverdowing weggevoer
op haar eie eiland vol vreugde
sonder enige bekommernis
‘n halwe wat-ookal gevoel
van plesier wat sy wil ken
dae ryk aan nuwe groei
en vreugdes energie wat
adrenalien pomp vir uitdagings
wat op haar wag
neem sy een tree vorentoe
met haar hand wa-wyd oop
vir die een vir wie sy wag.
die asemsnak
rooi-wit-geel-swart
horison instaar ,wonder sy
oor gister se sorgelose
skooljare en sy mense
wat met uitdrukkinglose
gesigte die toekoms
tegemoet gegaan het
en wat van hulle geword het?
Sy wonder oor die toekoms
wat vir haar wag,
in droomverdowing weggevoer
op haar eie eiland vol vreugde
sonder enige bekommernis
‘n halwe wat-ookal gevoel
van plesier wat sy wil ken
dae ryk aan nuwe groei
en vreugdes energie wat
adrenalien pomp vir uitdagings
wat op haar wag
neem sy een tree vorentoe
met haar hand wa-wyd oop
vir die een vir wie sy wag.