FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Liefdes letsels.

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Liefdes letsels. Empty Liefdes letsels.

    Post by Manie Jackson Thu 29 Sep 2011, 8:48 pm

    Koue swyg, die somer stom,
    Teer in bebloede hande.
    Gehou, gewag, dat iemand kom.
    Haar toevou van alle kante.

    Die hart se maagdelikheid dan so verloor.
    Hoop op liefde, vergruis, vertrap.
    Twyfel verwek, in die nag deurboor.
    Die winter oggend het weg gestap.

    Merke ewig sigbaar wees.
    Die hart is diep gesny.
    ‘n Vergoeding vir elke traan, ja elke kneus.
    Nou net n letsel wat agter bly

    Was dit nie genoeg nie, dalk te laat?
    Ewige twyfel se soete drank.
    Weg te keer die siel se smaad.
    Ongelowig vir altyd as liefdes woorde klank.

    Manie Jackson



      Current date/time is Thu 16 May 2024, 11:13 pm