FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Vir ma.

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Vir ma. Empty Vir ma.

    Post by Manie Jackson Thu 29 Sep 2011, 9:00 pm

    (Feitlik enige iemand kan lees, en elke tweede siel kan dalk skryf. Maar besef ons die emosie agter elke vers, of dra ons kennis van wat staan...begryp ons waar kom elke letter vandaan?! Dan is dit soms amper onmoontlik om die gedigie voor te dra!)

    Mamma, ek het soveel om voor dankbaar te wees.
    En is dit nie te laat om dit te lees.
    ‘n Moeder uit God’s hand gegewe.
    Die voorreg in my hele lewe.

    As die gryser hare die swart verstik
    En die lewens jare my binneste ruk.
    Dae vol kleur en herhinnering
    Alles weer na my terug gebring.

    En vra ek nederig o, Vader!
    Soos die jare al meer vergader.
    Dat U haar sal veilig hou.
    En U haar met U liefde toevou!

    Die wereld en al sy dinge...
    Het ons ook soms ons struwelinge.
    Ma het my in u trane gedra.
    Net dit wat goed is in u gebede gevra!

    Is ek as ouer dalk ook bang,
    As ek die laste besef, aan u skouers gehang!
    Het ma my elke dag aan God op gedra.
    En wat kan ‘n kind dan meer vra?

    Swel die emosie my binneste vol.
    Sal die trane oor my wange rol.
    En ek na ma verlang,
    Gaan die lewe ongesteurd sy gang.

    Nie een van ons kan dit keer,
    Ons is nie in beheer!
    Al wil ons tyd terug draai...
    Die toekoms kan ons net raai...

    Manie Jackson

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 8:32 pm