FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    die hek

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    die hek Empty die hek

    Post by anderkant Fri 30 Sep 2011, 3:28 am

    daar hang 'n ou geroeste ketting
    (in ou-mens-taal sowat twee-duim dik)
    met 'n splinternuwe slot
    wat die laaste skakel
    van elke los punt
    saamhaak;
    saamsnoer;
    tot eenheid bind.

    iemand moet tog waak oor orde
    en toegang bepaal;
    dis nie ek nie.

    daar voor sit die jeug-kadet
    met die sleutel aan 'n toutjie
    om sy nek

    voor hom, op ‘n houtkissie
    in vet wit letters:
    besoektyd tussen drie en vier.

    sal dit help om te sê
    my etenstyd is tussen
    een en twee.

    © (15.08.2011) Rudi Prinsloo
    Alle regte voorbehou / All rights reserved
    avatar
    Guest
    Guest


    die hek Empty Re: die hek

    Post by Guest Fri 30 Sep 2011, 3:36 am

    elke los punt tot eenheid snoer,......... jy laat my my fizzpop aandagtig suig,.. wat hou ons in met daardie hek,.. miskien anders denkendes,.. want hek nie soseer vir uit hou as vir inhou dink ek
    avatar
    Besoeker
    Guest


    die hek Empty Re: die hek

    Post by Besoeker Fri 30 Sep 2011, 3:39 am

    tog ... vir nabyes sou hy sy etenstye seker kon manipuleer?

    Sponsored content


    die hek Empty Re: die hek

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 01 Nov 2024, 6:06 am