FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    'n foto van jou...

    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    'n foto van jou... Empty 'n foto van jou...

    Post by Isabel Q Fri 30 Sep 2011, 2:55 pm

    ’n verwronge verlange
    bekruip my genadeloos
    van agter
    soos donker skadu’s
    daglig bekruip
    met sons ondergang...
    stadig
    maar seker gesink
    in ’n uitgedorde erosie hart

    in bewende verrimpelde hande
    hou ek ‘n foto van jou
    my lente liefde
    wat elke skadutjie
    in my lewe
    meteens kon verhelder
    wat elke vuurtjie
    in my hart
    meteens kon ontvlam
    wat elke wolkie
    in my lewe
    meteens kon verwyder
    my lente liefde
    ‘n tyd lank gelede

    ek kyk in oë
    wat helder skitter
    glimlaggend van
    liefde
    warmte
    begeerte
    als
    vir my

    my vinger streel jou lippe
    wat in die lente
    nog soete woorde
    kon fluister
    met ‘n glimlag
    wat jou hele gesig
    ophelder
    glimlaggend van
    liefde
    warmte
    begeerte
    als
    net vir my

    my vinger streel
    die kontoere van jou gesig
    sterk
    manlik
    elke merkie
    elke plooitjie
    elke moesie
    elke baardjie
    jou hele self
    het ek geken
    ’n gesig
    wat straal van
    liefde
    warmte
    begeerte
    als
    net vir my

    maar
    hierdie verlange
    brandende verlange
    verteer my binneste
    vandag
    en net vir vandag
    want
    op hierdie foto
    van jou
    het ek afgekom
    jy...
    my lente liefde
    van vele mane terug...

    30-09-2011
    avatar
    Guest
    Guest


    'n foto van jou... Empty Re: 'n foto van jou...

    Post by Guest Fri 30 Sep 2011, 3:00 pm

    mooi beskrywende vers van verlange
    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    'n foto van jou... Empty Re: 'n foto van jou...

    Post by Isabel Q Fri 30 Sep 2011, 6:00 pm

    Baie dankie Ronel!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    'n foto van jou... Empty Re: 'n foto van jou...

    Post by Rudi Coetzer Sat 01 Oct 2011, 8:23 pm

    pragtig...
    en pragtig virewig...
    (al dan seer)..
    (dink egter die gedig kort om opgedeel te word..dalk in 3 of 4 dele......en nie so aanmekaar sonder punt[e] nie.)
    sal dit dan net versterk.en amplify.

    Sponsored content


    'n foto van jou... Empty Re: 'n foto van jou...

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 16 May 2024, 12:20 pm