Met vrede sit sy en staar
na soogdier in waters baljaar
hoor sy die diep klanke van daar
waar branders se gedruis saam speel
trek sy die prentjie tot op haar stoep
om saam met walvisse te groet
met verkyker in haar hand
die morestond saam te begroet
hoe mooi en vry branders en walvis
met vrede wat net natuur besit
dis hier waarheen sy kom
om vrede en stilte te bekom
dis hier waarheen sy kom
om aanvaarding te verkry
weg van stadslawaai
van mense se geneul
waar wind en sand
waar soogdier en see
die gedruis in haar kan stil.
na soogdier in waters baljaar
hoor sy die diep klanke van daar
waar branders se gedruis saam speel
trek sy die prentjie tot op haar stoep
om saam met walvisse te groet
met verkyker in haar hand
die morestond saam te begroet
hoe mooi en vry branders en walvis
met vrede wat net natuur besit
dis hier waarheen sy kom
om vrede en stilte te bekom
dis hier waarheen sy kom
om aanvaarding te verkry
weg van stadslawaai
van mense se geneul
waar wind en sand
waar soogdier en see
die gedruis in haar kan stil.