Nag kots
sy emfiseem
oor my
sy swaar stilte
pers die suurstof
uit my longe
en ek asem
die koolstofdioksied
van ñ duisend
swaarvragmotors in .
Nag se dooie gewig
hopie op my borskas
breek elke ribbebeen
met kil presisie .
Is jy bewus daarvan
dat ribbebene
met ontstellende gemak
deur vlees en vel
kan dring ?
Met ñ chirurg
se hand
vat ek
ñ stukkie van my beensplinter
as pen
en met my
eie bloed
skryf ek
hierdie hunkergedig
vir jou .
( 04/02/2011 01h27 )
sy emfiseem
oor my
sy swaar stilte
pers die suurstof
uit my longe
en ek asem
die koolstofdioksied
van ñ duisend
swaarvragmotors in .
Nag se dooie gewig
hopie op my borskas
breek elke ribbebeen
met kil presisie .
Is jy bewus daarvan
dat ribbebene
met ontstellende gemak
deur vlees en vel
kan dring ?
Met ñ chirurg
se hand
vat ek
ñ stukkie van my beensplinter
as pen
en met my
eie bloed
skryf ek
hierdie hunkergedig
vir jou .
( 04/02/2011 01h27 )