Vannag boggelrug my hart
sku in die donker
van stegie tot stegie
skarrel van donker-hoekie
tot donker-hoekie
soos ñ rot
vermy elke straatlig neonlig
en skares wat lewe in pubs
restaurants en nagklubs
en terwyl die moevie
van jou en my
flits teen die gevlekte wit
van my siel se mure
stenig die skerp skerwe
van ons gisters my
en spook al die môre’s
wat sonder jou
op my wag
monsteragtig by my .
( 15/06/2011 18h39 )
sku in die donker
van stegie tot stegie
skarrel van donker-hoekie
tot donker-hoekie
soos ñ rot
vermy elke straatlig neonlig
en skares wat lewe in pubs
restaurants en nagklubs
en terwyl die moevie
van jou en my
flits teen die gevlekte wit
van my siel se mure
stenig die skerp skerwe
van ons gisters my
en spook al die môre’s
wat sonder jou
op my wag
monsteragtig by my .
( 15/06/2011 18h39 )