Vir vier en ʼn half dae
was my lewe volmaak
was ek soos nog nooit
in my lewe nie naak
ek het uit my vel
uit geklim vir jou
my ribbekas oopgeknip vir jou
sodat jy my binneste kon sien
sodat jy my hart kon sien
sodat jy my siel kon sien
(dit was net
so ʼn natural ding
om te doen
dit was net
die regte ding
om te doen)
maar dit was
nie goed genoeg
vir jou nie
maar ek was
nie goed genoeg
vir jou nie .
Nou wil ek
jou net vra:
kan ek asseblief
my vel terugkry?
( 26/12/2007 00h40 )
was my lewe volmaak
was ek soos nog nooit
in my lewe nie naak
ek het uit my vel
uit geklim vir jou
my ribbekas oopgeknip vir jou
sodat jy my binneste kon sien
sodat jy my hart kon sien
sodat jy my siel kon sien
(dit was net
so ʼn natural ding
om te doen
dit was net
die regte ding
om te doen)
maar dit was
nie goed genoeg
vir jou nie
maar ek was
nie goed genoeg
vir jou nie .
Nou wil ek
jou net vra:
kan ek asseblief
my vel terugkry?
( 26/12/2007 00h40 )