FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Kalahari nag.

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Kalahari nag. Empty Kalahari nag.

    Post by Manie Jackson Mon 03 Oct 2011, 7:29 pm

    Kalahari nag.
    Sterrelig, vuur, komberse sag.
    Die melkweg onbereikbaar.
    Staan die koffie klaar.

    Donker ure tik verby.
    Woestyn, bosveld vir my.
    Rus die diere na die hitte
    Die Son en harde klippe.

    Avontuur in die donker
    Sak die put emmer gou tot onder.
    Maak vir my die toue los
    Bring nader die wilde vos.

    Hou jy my elke dag.
    Oomblik aan die gang.
    Kan ek voor jou wag
    Wie ek is sonder bang.

    Ontbloot dae die alleen.
    Die pad, die stof.
    Alles om my heen.
    Stewels vaal en dof.

    Tree vir tree.
    Beurend eindloos.
    Amper jy die vree.
    Maak die herhinnering – rusteloos.

    Is die aande vir my lank.
    Met agting, wat..
    Donderweer se sagte klank
    Weg van mens en stad.

    Waar die Kalahari sand
    In die middae my voete brand.
    Waar ek vry is van onthou.
    Hier in die veld, wag ek vir jou.

    Ruik ek oond en vars beskuit.
    Bloed van die jag se buit.
    Kleur ongenaakbaar my vel.
    Is die vrede in jou oe wat tel.

    Bekoor my jou teenwoordigheid
    Smagtend na die eerlikheid.
    Staan vertroue hier ontbloot.
    Respek vir liefde tot die dood.

    Peinsend oor die duine kyk.
    Kou die grassie tot die beelde wyk



    Manie Jackson


      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 6:15 pm