FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Hantam

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Hantam Empty Hantam

    Post by AmmieMoon Tue 04 Oct 2011, 1:45 pm

    jy klipper klapper weer vandag soos 'n jong hings
    oor my ooptes
    oor my uitgestrekte genade wat lugspiegelings gooi
    teen jou stofwolke se wegwaai poeiers
    waar my klippertjies swikkel en spat onder jou dreuning -
    ek hoor jou vandag soveel duideliker as gister

    jy runnik en proes uitgelate aan lente in die lug
    en jou kop swaai uitbundig in die rigting van die son -
    jy glimmer vandag jy glimmer vandag jy glimmer so mooi

    jou pas versnel oor my rûens en my ysterkip skiet vonke
    onder jou hoef
    vuurvonke teen jou hoefyster se boog, tot hoog, vêr verby
    die arend se vlug

    en die lug is blou rondom jou vandag, blou en vol beloftes
    van reën en seën
    en my grond kluit en klam in jou voetpad
    vang die salpeter van jou voshaar tot dit wit vlek
    teen my landskap

    jy runnik en proes uitgelate aan lente in die lug
    en jou kop swaai uitbundig in die rigting van die son -
    jy glimmer vandag jy glimmer vandag jy glimmer so mooi



    © 2010 Almarie Truter
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Hantam Empty Re: Hantam

    Post by Besoeker Tue 04 Oct 2011, 2:08 pm

    Pragtig verbeeld ...gek oor die prominente rol wat die son/vonke/glimmer/wit vlek/lugspeieelings ... speel , in `n vers wat duidelik HOOP uitroep !!
    avatar
    Guest
    Guest


    Hantam Empty Re: Hantam

    Post by Guest Tue 04 Oct 2011, 3:26 pm

    stem saam met Fafnir die beelde is helder en gee amper 'n foto deur jou oe aan ons
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Hantam Empty Re: Hantam

    Post by anderkant Tue 04 Oct 2011, 4:20 pm

    Nou dink ek onwillekeurig aan iets wat geheel niks met die vers te make het nie. "O ek het 'n perd, 'n blink-vos-perd, met 'n splinternuwe saal" - dalk sluit dit vir my daar aan - hoop en die nuwe saal. Vonke wat spat en die hemelruim verken. Ongebonde, onverstrik. Pragtig gedoen Ammie, ek glimlag by die lees hiervan.

    Sponsored content


    Hantam Empty Re: Hantam

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 6:19 pm