FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Droomvrou (4)

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Droomvrou (4) Empty Droomvrou (4)

    Post by Enid Tue 04 Oct 2011, 3:47 pm

    Die son kry plek
    deur die donker wolk na water
    die voël kry ‘n opening uit die hok
    sy staar vryheid insig
    seëninge stort oor haar soos reën

    voel jy die vryheid in haar klop?
    aan jou warm bloed en are
    die liefde vrylik aansteeklik
    na jou wat haar begeer

    jy dalk verwonderd gedink
    of sy nog bestaan?
    sy sal nooit vergaan

    my lief, sy sal altyd bly bestaan
    solank jy na haar verlang
    sal jou droomvrou altyd wees

    die droomvrou van jou
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Droomvrou (4) Empty Re: Droomvrou (4)

    Post by Besoeker Tue 04 Oct 2011, 3:53 pm

    Hierdie droomvrou .Begin my verlei, raak WARM ... Bedig haar tog verder ?
    avatar
    Guest
    Guest


    Droomvrou (4) Empty Re: Droomvrou (4)

    Post by Guest Tue 04 Oct 2011, 4:03 pm

    hierdie droom vrou vleg deur jou en jy deur haar meer kenbaar met elke gedig!!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Droomvrou (4) Empty Re: Droomvrou (4)

    Post by anderkant Tue 04 Oct 2011, 4:27 pm

    Aanvanklik moet ek bieg dat die titel my afgesit het en ek amper nie wou lees nie. Dit herinner aan 'n uitgerekte storie wat nooit gaan einde kry nie. Ek IS verkeerd! Ek erken dit. Ek is jammer en skuld jou 'n verskoning. Ek let op 'n besonderse boodskap hierin: maak die hok oop, moenie wag tot sy self die swak plek in die hok vind nie. Juis in haar vryheid leer ken jy die volheid van haar vrou-wees. Dalk wil sy jou meer bied as dit wat jy haar toelaat, dalk het sy meer om te bied as wat jou wildste drome kon voorspel. 'n Pragtige, teer vers met 'n intense boodskap as ek dit reg verstaan. Puik gedoen Enid.
    avatar
    Guest
    Guest


    Droomvrou (4) Empty Re: Droomvrou (4)

    Post by Guest Tue 04 Oct 2011, 5:08 pm

    so min mense besef die noodsaaklikheid daarvan om n vry siel nooit te probeer gevange hou nie!!

    Sponsored content


    Droomvrou (4) Empty Re: Droomvrou (4)

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 8:44 pm