FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Veg Vliegtuig

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Veg Vliegtuig Empty Veg Vliegtuig

    Post by Manie Jackson Tue 04 Oct 2011, 6:35 pm

    Whiskey Alfa verlaat die teerblad
    Wiele vou onder die vlerke in
    Die missie, simfonie het begin.
    ‘n Vertoning van krag en spoed,
    Van presisie en moed.

    Beklim hy die lugruim
    Haastig, donderend skeur hy die wolke hoog.
    Neem besit van die hemelboog.
    Vry om te duik en beur
    Om te val na die aarde weer

    Aan te val op die vyands mag.
    Onverwags blits die vuur uit jou buik.
    Gekom om te skink uit jou kruik.
    Dan vinnig weg te swaai,
    Onge-erg van die pyle weg te draai.

    Hoogmoedig te gly op die wolke sag.
    Soos ‘n bliksem die veld en berg te oorbrug.
    Die mens en dier vir sy gedonder laat vlug.
    Skiet voort, tol en swaai,
    Kom vinnig terug met n wye draai.

    Nog oulaas vuur te spoeg.
    Hastig die son in, verdwyn
    Vreedsaam, alleen hoog bo die aarde ruim.
    Ver van vrees, verwoesting en ongeluk.
    Statig op die aanloopbaan te gaan sit.

    Manie Jackson

      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 11:18 pm