my woorde stomp
afgewater en uitgewas
in my vingers
se stil verlore taal
my oë soek opgewonde en speels
in verlange se kollig
na jou masurka
op die ringmuur van my hart
toe lewe ligweg skemer vol verwagting
nou spiraal nuwe lewe
en tornado verwagtings van hoop
waar gister spook in stilte
van ’n ander hart se dood.
BennyB
© 04/10/2011 Barend Booysen