FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    In die wit lig van my nag

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    In die wit lig van my nag Empty In die wit lig van my nag

    Post by BennyB Wed 05 Oct 2011, 4:37 am


    in my sogenaamde ontdekkingsreis en selfondersoek
    het ek hand aan hand gestap met my spieëlbeeld
    op die rand van my stilswye se afgrond

    skaakmat het my telkemale 'n kishou gemoker
    as realiteit en verwagting, kop aan kop
    en rammetjie uitnek, kom ruk en pluk aan my,
    al was dit net vir ’n wyle
    op die kalkwit grenslyne
    van my lewe se owerspel

    'goed befok' was meestal my enigste uitweg
    as ek moes wys dat ek niks en niemand vrees,
    as ek moes bliksem vir wie ookal sou waag
    om my te keer - maar steeds moes poog
    dat niemand tog sal sien
    dat my binneste rou aan sy eie swart en smart

    in laatnag stilte dans oë
    soekend , vraend en vermakerig
    as ek sleepvoet in kerkhof skadu’s,
    as ek verlang
    na net nog ‘n uur van stilte
    (in my eie gevangenis geboei)

    steeds balanseer my lewe
    as die natuur sy donders en bliksems reën
    en my nagte in wit verlig -
    dans my lewe in 'n rolprent teen ’n vêr horison
    waar beloftes sonstraal op vernuwing ,
    bloeiend om my nog ‘n kans te bied

    ek sal myself vergewe
    ek sal oorgee
    en uitreik na die hand aan die ander kant,
    om my hede se bitter suur
    na 'n bodemlose graf te stuur.

    BennyB
    © 03/10/2011 Barend Booysen
    avatar
    Guest
    Guest


    In die wit lig van my nag Empty Re: In die wit lig van my nag

    Post by Guest Wed 05 Oct 2011, 2:46 pm

    ek wou een stuk uit sonder en toe 'n ander en toe weer 'n ander en toe die besef hierdie werk brokkie vir brokkie word deel van my besef en 'n ander se woorde kom uit my ,..'n besondere versameling wat eenheid vorm , puk gedoen
    avatar
    Besoeker
    Guest


    In die wit lig van my nag Empty Re: In die wit lig van my nag

    Post by Besoeker Wed 05 Oct 2011, 2:54 pm

    Dan troef ek jou , Ronel : "steeds balanseer my lewe" in die tweede strofe is die verborge sleutel tot die gedig , nieso? Maar jys reg ; daars vele ander sterk elemente hierin.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    In die wit lig van my nag Empty Re: In die wit lig van my nag

    Post by BennyB Wed 05 Oct 2011, 3:53 pm

    Ek se net baie dankie Ronel en Fafnir, dankie vir die lees en kommentaar.

    Sponsored content


    In die wit lig van my nag Empty Re: In die wit lig van my nag

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 7:30 pm