FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Dagboek van jou vel

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Dagboek van jou vel Empty Dagboek van jou vel

    Post by Rudi Coetzer Thu 06 Oct 2011, 4:22 am

    My kreatiewe tong
    uitveër oor die dagboek
    van jou vel
    waarop vorige minnaars
    lofliedere en liefdesgedigte
    uitgesnak het
    in speeksel en sweet
    sonder datum of tyd .

    My kreatiewe tong
    uitveër oor die dagboek
    van jou lyf
    waarop lank-gelede-se-lovers
    gedagtes van die oomblik
    geskryf het
    met orgasmiese oorgawe
    en dankbare jolyt .

    My kreatiewe tong
    skryf nuwe woorde
    oor die dagboek
    van jou sidderende dankbare vel
    waar die oomblik se hemel
    elke oomblik se hel
    van jou gisters
    uitvee .


    ( 14/08/2009 18h57 )

      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 10:40 pm