FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Woord ereksie

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Woord ereksie Empty Woord ereksie

    Post by AmmieMoon Thu 06 Oct 2011, 12:50 pm

    Hoor hoe bars die kaneelblomme

    skuifel nou in spasies waar briofiet
    molm tussen akkers en laasweek winde;
    buig laag en luister hoe kluite kluit
    hoe ondergrond water klots -
    (moeder se stem sal ook daar iewers draal)

    bome loop wortels bo die grond
    vol profesieë en warm lug wat dwelm
    teen blaarlende

    die buigsaamheid van woorde
    vind ek hier -
    waar reëngat-termiete krioel
    waar 'n gedig sampioen in kompos-loog.


    © 2011 Almarie Truter
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Woord ereksie Empty Re: Woord ereksie

    Post by Besoeker Thu 06 Oct 2011, 1:39 pm

    Heerlik hoe die skryfster die meganisme van seks ( voortplanting) 'ondergronds' soek .... in die sublieme krag van 'profesieë en warm lug wat dwelm' in die digter se werke.
    PRAGTIG verby!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Woord ereksie Empty Re: Woord ereksie

    Post by AmmieMoon Thu 06 Oct 2011, 2:42 pm

    En jy my held, ken die fyn netwerk van my weefsel en die bloedvermenging in my gene...Hoeveel nagte, moeg geveg in voorste linies, het ons nie ondergronds die muskus van minne verken en mekaar met woord gepenetreer en bevrug nie ? Like a Star @ heaven
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Woord ereksie Empty Re: Woord ereksie

    Post by Besoeker Thu 06 Oct 2011, 2:43 pm

    * bloos *

    Sponsored content


    Woord ereksie Empty Re: Woord ereksie

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 8:23 pm