FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Jan Bloekom se stomp

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Jan Bloekom se stomp Empty Jan Bloekom se stomp

    Post by Rudi Coetzer Fri 07 Oct 2011, 7:10 pm

    Ons sit hier
    op Jan Bloekom se stomp
    en kyk hoe
    dooieboom vingers
    bewend
    prentjies teken
    op rimpelwater
    en wolke agtergrond

    jy gooi
    ñ platklip
    met mening
    tussen die vingers in
    maar nie eens
    vier plonse
    kan die stilte breek

    jy kom sit weer
    en ek staan op

    ek gooi
    ñ platklip
    met mening
    tussen die wolke in
    maar nie eens
    vier plonse
    kan die stilte breek

    ek gaan sit
    en jy staan op
    met ñ sug
    hande in jou sye
    en ek dink
    dis tye
    soos die
    wat stilte tussen ons
    ongemaklik is

    dan pluk jy
    jou klere uit
    en plons
    witboude
    waterspat
    gillend
    die plaasdam in

    ek kyk op my horlosie :
    dertien minute

    lag breek los
    uit my maag
    en borrel by my mond uit

    grootoog
    gillend
    probeer jy koes
    toe ek klere en al
    voor jou bom

    lag ontplof
    oor jou lippe

    ek kyk op my horlosie :
    veertien minute

    jou roospienk nippels
    steek honger
    en styf
    net bo die water uit

    “ Fok ” sê ek
    en gryp jou vas
    voel hoe jou liggaam
    sommer net pas
    “ Ek is so lief vir jou ! ”

    ek kyk op my horlosie :
    veertien minute
    vyftien sekondes

    ons soen

    jy druk my
    speels weg :
    “ Ek het jou gesê
    dis ñ simpel speletjie ,
    ons sal nooit
    vir vyftien minute
    kan stilbly nie ! ”

    ( 04/07/2008 09h17 )

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 10:22 am