As jy geruisloos
deur my hart voetspoor
leef ek in die silwer some
van droom wolke
in hemelblou getooi.
Ek staan oophand
as ek gee
my hart
my siel en gees,
my menswees vir ewig
aan jou toevertrou.
Ek staan stil
as son my seën bestreel
my voete wortels groei
en ek nederig kniel
in elke oomblik saam met jou.
BennyB
©22/12/2010 Barend Booysen
deur my hart voetspoor
leef ek in die silwer some
van droom wolke
in hemelblou getooi.
Ek staan oophand
as ek gee
my hart
my siel en gees,
my menswees vir ewig
aan jou toevertrou.
Ek staan stil
as son my seën bestreel
my voete wortels groei
en ek nederig kniel
in elke oomblik saam met jou.
BennyB
©22/12/2010 Barend Booysen