FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Agarop -

    ansiebeets
    ansiebeets


    Location | Ligging : Somerset Wes
    Posts | Bydraes : 64
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 54

    Agarop - Empty Agarop -

    Post by ansiebeets Wed 12 Oct 2011, 3:06 pm

    Agarop -

    Vroeg vroeg in die more voor die son sy oe kom wys
    voor die eerste strale deurskyn
    vryf sy liggies deur jou hare
    ...land n soentjie op jou wang
    n dimpel trek n glimlag na jou lippe
    sprankel lag, soos sonskyn skitter in jou oe

    n mooie nuwe dag wat vol verwagting vir jou voetval wag
    kom huppel, spring en draf
    reik uit na die hitte van die dag
    verlustig jou in die blou om jou
    wat hunkerend roep
    sieletaal vertel haar eie verhaal

    grasgroen is die veldpad wat jou begroet
    oor die bult n tuin waar alles wat jy begeer vir jou wag, sag soet
    in jou kosbare hande sal dit groei vorm, vasrank, tot die pragtigste woud, watervalle
    n paradys waarin jy heeldag kan baljaar en lag, tuis, vreugde

    wanneer skemerval en die vaak jou kom haal
    jy rustig neerle in sagte mos
    jou gebed hartklop soos n lied die hele tuin beskermd omvou
    dit rustig streel en koester, tot die son dit weer verlig !


    © Ansie Beets
    ansiebeets *>~ab






    Last edited by ansiebeets on Wed 12 Oct 2011, 3:20 pm; edited 1 time in total
    avatar
    Guest
    Guest


    Agarop - Empty Re: Agarop -

    Post by Guest Wed 12 Oct 2011, 3:08 pm

    weereens n puik werkstuk vol lig en hoop!
    ansiebeets
    ansiebeets


    Location | Ligging : Somerset Wes
    Posts | Bydraes : 64
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 54

    Agarop - Empty Re: Agarop -

    Post by ansiebeets Wed 12 Oct 2011, 3:20 pm

    Baie Dankie Ronel Smile

    Sponsored content


    Agarop - Empty Re: Agarop -

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 15 May 2024, 11:05 pm