FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    Ou Hout

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ou Hout Empty Ou Hout

    Post by AmmieMoon Sat 15 Oct 2011, 3:06 pm

    jou geboortedefek is in gleuwe van berghange geëts
    waar oker, bloed en roet verbleikte San-danse skets

    waar son wit-vinger-bewend aan klam skadu's raak
    my boombegroeide asem in jou nek ontwaak

    jou dna geplak teen die jaarring van 'n woud
    tussen besie geskal en molm van hout

    waar ek middae in lugspieëlings van hitte gaan soek
    om jou te vlek tussen reëls van my digters boek.




    © 2011 Almarie Truter
    avatar
    gypseyrose


    Posts | Bydraes : 6
    Points | Punte : 6
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-28
    Age | Ouderdom : 53

    Ou Hout Empty Re: Ou Hout

    Post by gypseyrose Sat 15 Oct 2011, 3:36 pm

    AWESOME!! STUNNING!!! Am jys onverbeterlik!!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ou Hout Empty Re: Ou Hout

    Post by AmmieMoon Sat 15 Oct 2011, 4:00 pm

    Dankie Roz ! Ek waardeer jou 'inloer' en kommentare so!.....dankie vir die lekker saamkuier gisteraand drunken Like a Star @ heaven
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Ou Hout Empty Re: Ou Hout

    Post by BennyB Sun 16 Oct 2011, 1:46 pm

    OK...vandag wil ek meer as net 'n wyle by die vers stil staan!
    'my boombegroeide asem in jou nek ontwaak' en 'om jou te vlek tussen reëls van my digters boek, hier die twee reels staan vir my persoonlik sterk uit in die vers.

    Ammie, ek voel dat jy vandag meer as ooit te vore jouself werklik op die skouer kan tik. Jou groei in jou skryfwerk is merkwaardig en as ek mag wil ek graag vir jou se dat ek voel jy vandag jou self van vers skrywer na DIGTER verskuif het! Jou standaard is met elke vers hoër en hoër gestel. Die diepte in jou werk laat my met elke stuk net meer wil hê!

    Baie dankie vir die vers en ek hoop ander lesers sien die ook transformasie raak!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ou Hout Empty Re: Ou Hout

    Post by AmmieMoon Sun 16 Oct 2011, 3:29 pm

    Sjoe, dankie Benna ! Komende van jou vat ek dit as 'n kompliment (as ek mag) ...... Like a Star @ heaven
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ou Hout Empty Re: Ou Hout

    Post by Rudi Coetzer Sun 16 Oct 2011, 4:00 pm

    dis soos Bo Derek in 10......
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ou Hout Empty Re: Ou Hout

    Post by AmmieMoon Sun 16 Oct 2011, 4:03 pm

    Die 'tweeling' bedank jou hartlik Rudi ! GIGGEL Like a Star @ heaven
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Ou Hout Empty Re: Ou Hout

    Post by Torm Mon 17 Oct 2011, 1:18 am

    hierdie gedig is vir my besonder sterk, met gesag geskryf
    en daar's baie om te herkou (is lesers van gedigte nie maar inherent koeie nie? ekskuus) wil nie soos vandag se kougom een kou gee dan's die geur weg nie...
    ja ek kou aan die San-agtige beelde en primitiewe verwe want ek't vandag eers in diepte gaan lees oor die oudste 'kunsateljee' wat in Suid-Afrika ontdek is...palet in 'n perlemoenskulp, duisende jare gelede...die gedig laat my daaraan dink
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ou Hout Empty Re: Ou Hout

    Post by AmmieMoon Mon 17 Oct 2011, 2:20 pm

    Dis altyd heerlik om te sien as 'n 'anti-kougom-kouer' met aandag by werk stilstaan, soos jy!...Dankie daarvoor, ek waardeer dit regtig. 'n Tyd-verwyl van my is om San-sketse in klam grotte te gaan soek en my vir 'n oomblik in tyd, daarteen aan te vlei (it must be a moon thing ;-) ).....Daarom kan ek nie verhelp dat dit soms in my verse deurskemer nie. Jou 'perlemoen-navorsing' het my aandag erg geprikkel en ek sou graag meer daarvan te wete wou kom ?

    groete
    ammie Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    Ou Hout Empty Re: Ou Hout

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 16 May 2024, 6:16 pm