toe winter impulsief die hemelruim skeur
en sonnereën stort oor 'n poeierblou dag,
staan ek (koffiebeker in die hand) en wag;
wag op platinum om seespieëling te klater
tot my asem 'n brief in branders kan skryf
(immers trotseer ek die onmoontlike)
meeue vrek in hope en voëlkak besmet 'n eens
damask gestrykte strand, priem ek teen einders
vir net 'n rimpeling van wat eens was
die hoogwatermerk verloor vaste lyne en
seepbelle kleef saf aan die tweede ry spore
wat kwyn langs myne (maar hoop beskaam nie)
op hierdie mooiweer strand sal ek wag
tot jy volvoer binne my
jy
jy
jy
die onverhandelbare deel van my.
© 2011 Almarie Truter