FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    ... Maybe ...

    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    ... Maybe ... Empty ... Maybe ...

    Post by Camsica Sat 22 Oct 2011, 3:31 pm

    Maybe

    Met fake skarlaken-rooi naels vee sy ’n geteasde bottel-blonde haarsliert van haar voorkop af.
    Vanuit half-gesluierde ooglede met pienk en blou skakerings toegeverf, koket ‘n paar smeulende oë onderlangs, deur blue-black beplakte wimpers.
    Maybe she’s born with it –maybe it’s Maybelline, maybe sommer ‘n no-name brand van Checkers of Pick ’n Pay.

    Hol wangbene volrond ingekleur met onbepaalde tint wat bloot ‘n swak mengsel tussen rooi en bruin is.
    Sy tuit ’n soen-aksie met haar plum-besmeerde lippe – maybe it’s Maybelline, maybe sommer ’n cheap lipstick stafie by die vlooimark se buy one get one free uitverkoping – want dit klou vas aan die filter van die sigaret wat sy inteug en ’n vlekkie het op haar gechipte voortand agtergebly.

    Aan haar spitsken klou ’n klontjie half-ingevryfde Charlie (beslis nie Maybelline) onderlaag, waarvan die vervaldatum op die botteltjie lankal nie meer sigbaar is nie, spiteful vas.

    Tussen die gleuf van haar cleavage – goed vasgevang in die padded Chinese-store bra (wat Wonderbra ’n run vir hul money kan gee), hang ’n oorgeblaasde goue kettingtjie met ’n (plastiek?) pêrel parmantig.

    Geen rondings word verbloem deur die noupassende one-size-fits all bloesie .Die onderste soom raak net-net aan die swart kunsleer mini wat oor haar heupe span.

    Visnet-stockings met ‘n uitgerafelde stuk rek vasgespeld aan haar g-string, bedek gedeeltelik haar bobeen en kleef aan knopknieë en verbleikte kuite, wat klaend saamtrek bokant enkels wat bewerig balanseer op deurgeloopde rooi spyker-haak stilettos.

    Slaggereed paradeer sy heen en weer.

    (On?)geduldig wag sy vir ’n (slag)offer.

    Maybe she’s born with it, maybe it’s Maybelline.
    Maybe rook sy nie vanaand heelaand Luck Strike nie. Maybe strike sy dit lucky vanaand.

    Maybe...
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    ... Maybe ... Empty Re: ... Maybe ...

    Post by Rudi Coetzer Sat 22 Oct 2011, 4:42 pm

    ag,ek love die storie van jou!
    rerig goed geskryf..mal oor die hele way.
    Maybe it's Maybeline is nou so oulik en oorspronklike reeltjie....jy moet Kopiereg daarop kry.
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    ... Maybe ... Empty Re: ... Maybe ...

    Post by Camsica Sat 22 Oct 2011, 4:51 pm

    Ag liewe Storieman.
    My getrouste (en enigste) aanhanger... giggel... Ek badank jou vir die kommentaar op my werkie.
    My eerste kortverhaaltjie wat my baie na aan die hart lê.
    Fanks a mil neh!
    Very Happy
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    ... Maybe ... Empty Re: ... Maybe ...

    Post by Enid Tue 25 Oct 2011, 6:59 pm

    maybe baby moes jy die stukkie werk van jou net onder opstelle gesit het. Anders verder hou ek baie hiervan en sal met ander oog na maybeline kyk Smile
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    ... Maybe ... Empty Re: ... Maybe ...

    Post by Camsica Tue 25 Oct 2011, 8:11 pm

    Halloooo Enid... Baie dankie vir jou lees en kommentaar girl...
    Uhm... errrr... Ja... ek kon seker maar.... kan opstelle opvolge hê?? Laas op skool 'n opstel geskryf... giggel... (Het reeds tot by Maybe 3 of 4 aangeskryf...) Question
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    ... Maybe ... Empty Re: ... Maybe ...

    Post by Enid Tue 25 Oct 2011, 8:37 pm

    Okay ek lees jou, maak net seker van jou lengtes van jou kortverhale miskien kan jy dan die opvolg maybe 2 en 3 in een sit om die kortverhaal langer te maak?
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    ... Maybe ... Empty Re: ... Maybe ...

    Post by Camsica Tue 25 Oct 2011, 9:05 pm

    Ai lyk my ek sal weer bietjie moet opswot oor die goete.. giggel... My brein is al opgeroes... Sal bietjie kyk of ek dit kan maak werk.... Dankie neh....

    Sponsored content


    ... Maybe ... Empty Re: ... Maybe ...

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 4:59 pm