FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Johan

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Johan Empty Johan

    Post by AmmieMoon Thu 27 Oct 2011, 7:54 am

    Trane meng met sout van ou ou wonde
    en knieë knak toe ons snak na
    vasgeknoopte woorde.

    Klein onvoltooide sterre balling
    in my saamgetrekte hande toe
    jy sonder ritsel of fluister
    soenoffers bring.

    Skaars 'n kilometer uit mekaar
    ring verlore jare om te snoer
    deur lugleegtes tussen jou en my -
    vreemd die vol wat nou vettigheid stoot
    oor die oewers van my hart.

    Ek het jou gemis my broer.
    Hier, neem Saturnus vir jou -
    sy mane is velerlei en jonk,
    gewillig om afkeerwalle te gooi sodat jy
    nooit weer uit my arms gly nie

    ...my beker loop oor.



    © 2011 Almarie Truter
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Johan Empty Re: Johan

    Post by BennyB Thu 27 Oct 2011, 10:41 am

    Baie stunning vers en so mooi opgedra aan hom.
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Johan Empty Re: Johan

    Post by SWERWER Thu 27 Oct 2011, 1:14 pm

    Welkom terug Ammie!

    Soos jy in Facebook gepraat het oor jou besoek aan die Vredendal se Hospitaal sou n mens sweer dat ons al teen die tyd ge- "slow march" het langs n houtkis. Dan gaan staan en plaas jy n vers die volgende oggend omstreeks 3 uur die oggend nadat berig ontvang is dat dit nie so wel gaan met jou nie! Smile Dit sal net jy wees!

    Ek is so bly dat jy en Johan julle weer in mekaar se wentelbane bevind. Ek is seker hierdie vers het baie maklik uit jou pen gevloei omdat dit vir my getuig van 'n intense verlange en gemis na hom en n hoogtepunt toe jy dankbaar sy soenoffer aanvaar. My beker loop oor se alles. Dit begin vir my lyk of jou vreemde reis op ver paaie jou weer by die huis teruggebring het. Ek is bly vir jou.

    SWERWER
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Johan Empty Re: Johan

    Post by Rudi Coetzer Thu 27 Oct 2011, 5:49 pm

    ek smile nou.
    n happy warm smile.
    ..dit se alles.
    Very Happy
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Johan Empty Re: Johan

    Post by AmmieMoon Thu 27 Oct 2011, 7:44 pm

    Dankie Benna, Rudi en Johan ! Jip, die liefde tussen my en my broer Johan is moeilik definieerbaar en die meer as 2 jaar se vervreemding tussen ons het ons harte ten bloede geskaaf...en toe sommerso, vanuit nêrens krummel die weerstand en eis hy weer passaat op in my hart (waar hy hoort)....sulke tye staan ek klein en dankbaar ! Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    Johan Empty Re: Johan

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 1:37 am