FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Idliragijenget

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Idliragijenget  Empty Idliragijenget

    Post by AmmieMoon Fri 28 Oct 2011, 7:12 am

    die maan skuil dood in die bodemlose ruim
    en klam kleef teen dowwe spasies van nag
    jou ribbekas lê oopgevlek my lam
    ek streel jou beendere een vir een en voel die ritme
    van jou branders wat breek
    op verre kontinente

    jou buik grom diep benede en ek hoor jou stem my lam
    ek hoor jou want ek min jou soos geen ander
    ek ken die rimpels en plooie van jou lag en jubel
    voel jou asem se jobbellek teen my hande my hart

    jy vlek jou oop voor my vanaand my lam
    jy werp jou koningskleed en maak jou naak voor my aangesig
    ek vlei my teen jou neer - jy doop my gees
    ek klad jou soute teen my hart my lam
    jou afwesigheid laat my altyd wees
    ewig hunkerend na jou adellike vlees

    steeds dors ek net na jou, trek jy my in jou jou eb
    se oopgespreide arms
    vanaand voel ek weer tuis my lam
    jou troon steeds my hart my huis.



    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 3:38 pm