FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    ~ as rooi se geur versprei ~

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    ~ as rooi se geur versprei ~  Empty ~ as rooi se geur versprei ~

    Post by AmmieMoon Thu 03 Nov 2011, 12:28 pm


    buite hyg palms na bowe, gryp verwoed verlore na kettings
    wyl soutbad spuwings kwyn agter 'n misgordyn -
    'n spokerige geswoeg teen vanaand se stormwind

    binne dek hy wyn en donker rose om die bose af te weer
    want sy oë vertel vreemde sprokies in 'n ewe vreemde dialek
    en sy swik haar knieë voor die geur van lente wat aan sy
    stoppellande kleef, beef van opgekropte woorde wat windlawaai
    teen haar ribbes en haar hart

    stuifmeel skilfer teen sy kraag en heuning druppel deur sy knope
    met veel te hope in stiltes tussen hom en haar;
    'n besete wind skuur teen ruite met 'n bloei seisoen
    wat prewel vir ontkieming in rooshout walms van 'n kaggelvuur;

    sy trap suutjies op ligbloos blare en maan haar hart
    om trou te bly aan die witskrif teen haar muur -

    rose in 'n vaas kan nie vir ewig duur.


    © 2011 Almarie Truter
    Attachments
    ~ as rooi se geur versprei ~  AttachmentRooi langsteel rose om my aand te maak... 002.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (914 Kb) Downloaded 1 times
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    ~ as rooi se geur versprei ~  Empty Re: ~ as rooi se geur versprei ~

    Post by SWERWER Thu 03 Nov 2011, 6:54 pm

    Ammie,

    Ek kan nie glo dat hierdie werk van jou vir meer as twee dae ongemerk gelaat word nie. Soos jy weet, en seker baie op Free-Style, is ek n groot "fan" van jou werk en doen ek die moeite om 2 jaar terug se werk van jou tot nou toe te lees.

    Jy was stil vir n ruk gewees so asof dit die stilte voor die storm is. Mank Maan was vir n lang tyd bo aan my Ammie Moon treffers gewees maar ek moet se dat jou twee laaste werke, verslete geel opstaldeur en hierdie een het my aandag gefokus. Jy moet my nou maar verskoon want ek voel myself nie so gelese of ervare dat ek dink ek wesentlike komentaar kan lewer nie maar ek voel tog genope om dievolgende waarnemings vir jou deur te gee:

    1. Alhoewel "geel deur" n ongowone inhoudelike tema (Ammie Moon inhoudelik)is jou werk kragtig in die skependheid daarvan. Jy besit vir my n uitsonderlike vermoe om woorde towerkrag te gee in die manier hoe dinge beskryf word. Soveel so vir my dat jou vers kleur prentjies in my kop soos n film laat afspeel.Meer nog is dat hierdie beelde sterk en duidelik deurkom.

    Hierdie werk het ook maklik gelees en het vir my so baie plesier verskaf dat ek dit n tweede en n derde keer gaan lees het.

    2. As rooi rose se geur versprei het dieselfde afgeronde kragtigheid sowel as n skependheid wat n mans vasgenaal hou totdat jy die vers stadig klaar lees. Die verrasing vir my was die laaste reel rose in 'n vaas kan nie vir ewig duur wat my onmiddelik gedwing het om die vers met ander oe te gaan lees. So kom ek toe agter hoekom jy die opruiende natuur buite afgespeel het teen die knus en kalmte binne die huis en belangrikste... hoekom die geur van rose nie genoeg kan wees nie. Hierdie werk is vir my meesterlik en duidelik uit inspirasie geskryf. Sou ek n tiende soveel talent en skryfvermoe gehad het soos jy in die vers was my boeke al lankal op die rak. Very Happy

    Ek kyk elke dag uit vir jou en ander se werk op FS en as jou werk soo gaan voortgaan wil ek net asseblief jou handtekening erens op n papier kry dat ek ook kan se dat ek vir Ammie Moon ken.

    Skryf daai verse, geduld is nie my sterkste karaktereinskap nie.

    SWERWER
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    ~ as rooi se geur versprei ~  Empty Re: ~ as rooi se geur versprei ~

    Post by AmmieMoon Fri 04 Nov 2011, 3:48 am

    En dan word ek geseën met kommentaar soos hierdie en oortref dit 15 niksseggende ander ! Dankie Johan ! Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    ~ as rooi se geur versprei ~  Empty Re: ~ as rooi se geur versprei ~

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 19 May 2024, 3:12 pm