klepels luier teen gegote luid
en die stad ontwaak onder vlerkgegons
van skutbrons duiwe -
oggendstond laag op laag om gebed-oud knieë
priesters en profete pluk wonders uit die uurwerk
van verlede tyd om kraakvars op te dien
met melk en heuning -
doem verbloem in die koorsang van gevalle engele
stil prewels van binne-buik bewoners
beding halfprys kompromieë terwyl hulle treë tel
na nog 'n voorhangsel wat gaan skeur
dag en datum word gelyn tussen sterre en
planete, gesweer teen kristalbou profesieë
deur die vlammegloed van nog 'n oordeelsnag
sonde dans 'n loslyf riel wyl vromes eerbiedig kniel
om 'n voetbank in die koninkryk te boek,
armes van gees drentel wees
want kennis ontbreek oor waar die ondier
gaan kop uitsteek
teen toiingrige some van 'n gevalle wêreld
kabbel stil waterstrome in die afwesigheid
van nuwe dissipels om te dompel in
wedergeboorte
'n stad se poorte onbewaak
waar koning en onderdaan bakhande staan -
smekend vir opgaar koring en vars genade.
© 2011 Almarie Truter