FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Dagbreek oor die grootsee.

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Dagbreek oor die grootsee. Empty Dagbreek oor die grootsee.

    Post by Claira Summers Sun 06 Nov 2011, 9:33 pm

    Die dag lig breek die donker ver oor die see en die mis maak die nuwe dag onvoorspelbaar en somber. Soos met baie dinge is daar twee heeltemal teenoorgestelde gevoelens vir alles, die totaal asemrowende mooi van die nuwe dag en daarmee saam die onsekerheid van die ure wat wag.
    Langsaam staar sy na die skarlaken rooi en vermillion oranje glans op die rustige water, die golwe spreek van die onrus diep in haar gedagtes. Vir 'n lang tyd was al waaroor sy kon dink hoe die depressie haar lewendig gaan verswelg en hoe haar lewe alles behalwe perfek is.
    Hoe hard sy probeer baklei teen die prikkels en gevoelens van haar as normale emosioneel verhongerde mens, hoe meer dring die gevoel hom aan haar op. Maar daardie tyd is nou verby, en Leila voel soos ‘n nuwe mens. Maar so is dit die een dag gaan dit wonderlik en die volgende oggend is al die gevoel van seer en verdrukking weer terug in volle swang.
    Leila voel al vir ’n paar maande baie beter, maar as ware depressie ’n persoon vas het in sy greep, is daar bykans geen uitkomkans nie. Vir Leila was die pad lank en die stryd groot.
    Dis tog snaaks hoe iemand jouself kan verwaarloos en dan alles opwerk tot 'n sekere oomblik in jou lewe waar alles net perfek is. Vir sommige kom daardie paar oomblikke nooit nie, maar vir Leila was dit perfek vir ’n rukkie.
    Sy het gestreef op daardie oomblik om haar lewe te verander in iets anders, maar sy het soos gewoonlik die kans verpand vir sekuriteit en die regte ding. Sy het toe net soos baie mense voor die baie moeilike keuse te staan gekom en met tyd is sy weer verlei deur die aardse dinge wat wel in ‘n mate ook van bo kom, al verstaan die mensekind dit net verkeerd.
    Sombere ontmoetings met die toekoms en sy kinders van onkunde, verswelg deur romanse wat uiteindelik sterf in 'n oomblik van hartstog. Sy was onversadig, uitgedor in haar siel en het gedink dit sal regkom met die vleeslike, die dinge van die wêreld.
    Maar met die swaai van 'n wand, met die val van 'n veer, met een suiwer gedagte oor die eerbare en goeie weë, kon sy haar hele lewe verander in iets wat sy juis nie wou gehad het nie.
    Passie en liefde en ongekompliseerde verhoudings is wat sy eintlik nodig het vir haar brose siel, maar die regte lewe is ongelukkig nie sonder komplikasies nie en nie vol van liefde en passie nie. Die tyd is bietjie min om al hierdie dinge te laat werk in jou lewe, dit het sy gou besef. Keuses is die belangrikste deel van die mense kind se daaglikse besluite. En meeste kere maak ons dit verkeerd.
    Leila is glad nie n uitsondering nie. Die keuses wat haar lewe op spoor kon sit, was juis die handtekening op haar eie doodsertifikaat.

    So 'n onklaar mens, met rou behoeftes sal nooit regtig rus vind in die menslike leeftyd nie, het sy dikwels gedink. Na haar dood as sy salig rus, miskien as sy haar geloof onbe-rispelik kan hou en handhaaf. Sy het vergeet dat as jy die pad loop saam met Hom en Sy wonders raaksien, dat daardie salige rustige gevoel ook hier op aarde deur ons lewe met jou kan wees. Maar haar ewige soeke op meer as een verkeerde plek, laat beland haar gedurig in die moeilikheid.

    Daar gebeur deur 'n leeftyd soveel goed en sleg in mense se lewens dat sekere tye maar redelik oninteressant en gewoon mag voel. Leila se lewe is alles behalwe gewoon en banaal. Dit is vol verrassings, omdat sy dit so verkies , sy verkies kleur en vorm en interessante dinge, sy verkies anders en verandering bo die elke dag se selfde, maar in almal se lewe kom daar ’n tyd vir standvastigheid. Dit is hierdie gedeelte waarmee Leila gesukkel het. Sy het dit tog so nodig gehad, maar kon nie dink dat dit al was waaroor die lewe gegaan het nie. Sy was soos ‘’n meeu wat sy vlerk in ‘’n storm gebreek het. Een wat hoog wil vlieg maar net in die nessie sit en uitkyk oor die see ! Die wind op sy bekkie voel en die seelug proe, maar nêrens heen kan gaan nie. Want daar buite is daar storms, wat jou lewe kan verwoes. Sy het geleer om dit so te aanvaar, so eentonig soos dit soms kan wees. Maar as dinge te rustig loop na haar sin, maak sy opskudding en dan veroorsaak sy 'n aardbewing of 'n sneeustorting in die volle sin van die woord.

    Op gekou deur die aanslae van die lewe en skielik sonder plan om 'n aankoms te waarborg staan sy met die meeste van dertig jaar agter haar en wag op môre. Sy wag op 'n antwoord wat uit die branders moet kom, 'n direksie wat die suide wind haar kan in waai. Maar die stilte is oorverdowend.
    Die antwoorde is vaag en onhoorbaar die erns waarmee sy besef, dat alles uit haarself moet kom. Sy weet dat daar mense is wat haar kan deurhelp, haar geliefdes, haar gesin. Sy sal dit gebruik om haar sonder verbittering deur die lewe te kry. Maar sal die siekte dit toelaat ? Dit weet sy nie verseker nie.
    Die gesond word van haar kindertyd, die grootword met 'n ontploffing in haar tienerjare en die absolute vreugde van haar eerste liefde. Dit alles verskillende emosies en hartstogte wat gepaard gaan met die vreeslikste leiding wat deur 'n stille sombere heil veroorsaak word, 'n toestand, 'n siekte bo alle verwagting, bo enige wat die slim medisie ooit kon verstaan, Depressie. Die siekte van baie, die siekte wat nie die aandag kry wat dit verdien nie en sy en soveel ander lei ewig as gevolg daarvan. Die siekte wat jou emosioneel opvreet. En sy weet nou waar dit vandaan kom. Dit is ‘n toestand van die brein, wat bestaan uit ‘n chemiese wanbalans wat die denkwyse en emosionele patroon van die lyer omvêr gooi. Dan kry die donker prins ‘n kans om dit uit te byt en dit te gebruik tot die nadeel van die lyer wat salig onbewus is van die feit dat dit nie net jou fisiese dood kan veroorsaak nie, maar jou siele dood, geloof dood en baie ander vlakke van dood deur jou lewe. Sy weet dit nog nie maar dinge in die lewe is gekompliseerd en onregverdig.

    Onoplettendheid en soos die Engelsman sê: “Ignorance is bliss” Ons verkies partymaal om die reëls nie soveel te verbreek nie, net te ignoreer. En om ons Heer se reëls te ignoreer is letterlik met vuur speel. Vir Satan is dit die dinge wat saak maak, en hy trek die voordeel daarvan stadig uit ons mense. Al die somber gedagtes word in haar geplaas en dan kry die Prins sy krag uit elke siel op aarde wat gebukkend staan onder hierdie “siekte” die siekte wat deur elke mensekind in hul rondgedra word. Dit plaas die gedagtes van selfmoord en verbittering in jou kop en die mens het geen aanmoediging nodig om negatief oor homself te dink nie. Seker die grootste negatiewe denkproses in die menslike brein is self liefde.

    Ons mense speel baie kere maar te gedwee saam met sy onheilspellende planne, en hoe sou die mens tog weet dat hy wat satan is nooit eerbare metodes handhaaf nie. Deur hierdie openbaring het Leila besluit om die Donker Prins te uit oor lê, deur die eerbare dinge na te volg. Maar wat gebeur as dit wat die mens verwerp, nie is wat dit blyk te wees nie.
    Louisa
    Louisa


    Posts | Bydraes : 4
    Points | Punte : 4
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-07
    Age | Ouderdom : 64

    Dagbreek oor die grootsee. Empty Re: Dagbreek oor die grootsee.

    Post by Louisa Mon 07 Nov 2011, 2:20 pm

    Sjoe nig, ek wil hierdie hele storietjie lees, is by die werk nou en net 'n stukkie gelees, Dit klink baie goed nig, en sowaar met hierdie mense wat deur depressie gaan ek dink ek het dit ook al so beleef, met alles wat ek al deurgemaak het.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Dagbreek oor die grootsee. Empty Re: Dagbreek oor die grootsee.

    Post by Claira Summers Mon 07 Nov 2011, 2:23 pm

    Dankie baie. Gehoop iemand sou verder wou lees. lol!
    Louisa
    Louisa


    Posts | Bydraes : 4
    Points | Punte : 4
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-07
    Age | Ouderdom : 64

    Dagbreek oor die grootsee. Empty Re: Dagbreek oor die grootsee.

    Post by Louisa Mon 07 Nov 2011, 3:00 pm

    Ek gaan defnitief verder lees. Julle het my nou so ek wil net op die program bly. Maar ek moet bietjie tussen in werk ook.

    Sponsored content


    Dagbreek oor die grootsee. Empty Re: Dagbreek oor die grootsee.

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 12:23 pm