FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die onvoltooide gedig ( 14 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die onvoltooide gedig ( 14 ) Empty Die onvoltooide gedig ( 14 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 11 Nov 2011, 4:38 pm

    Wanneer
    ñ nietige mens
    elke keer
    waardeer
    en kosbare tyd
    s aa m
    die realiteit
    van t w ee
    hoofspelers
    vasgevang in ñ oomblik is

    wanneer
    dae van verlang en mis
    piramides bou in die dorre woestyn
    van ons twee harte smagtend na die lafenis van mekaar se oase

    plant ons elke uur wat ons bymekaar is
    ñ palmboom vir mekaar

    vir skaduwee

    waar ons altyd welkom is
    kan afsaal en kan rus wanneer ons saam is

    weg van die lewe se hoogmiddag-son
    wat soms net te fel is


    ( 08/07/2011 08h55 )

      Current date/time is Thu 09 May 2024, 11:43 pm