Baby , my bekkie bokkie-blom
jy is my smullekker-soetpampoen
my ingelegde heelstuk gemmer-waatlemoen
en hierdie naweek wat ons saam is
gaan ñ smulfees wees , dis gewis .
Baby , my bekkie bokkie-blom
skuif ñ bietjie nader
want dit is skielik winter en o vader
dit is net te koud
so sonder jou lyfie se vuur
wat lekker warm teen my skuur .
Baby , my bekkie bokkie-blom
nou is ek so bly dit is donker sodat jy nie
die warm trane in my oë kan sien nie .
( 09/04/2011 08h23 )
jy is my smullekker-soetpampoen
my ingelegde heelstuk gemmer-waatlemoen
en hierdie naweek wat ons saam is
gaan ñ smulfees wees , dis gewis .
Baby , my bekkie bokkie-blom
skuif ñ bietjie nader
want dit is skielik winter en o vader
dit is net te koud
so sonder jou lyfie se vuur
wat lekker warm teen my skuur .
Baby , my bekkie bokkie-blom
nou is ek so bly dit is donker sodat jy nie
die warm trane in my oë kan sien nie .
( 09/04/2011 08h23 )