FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die voltooide gedig ( 11 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die voltooide gedig ( 11 ) Empty Die voltooide gedig ( 11 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 18 Nov 2011, 12:09 pm

    ñ Glimlag
    skaam om haar mond
    sy vat selfbewus
    aan haar hare
    toe hy
    vir haar kyk .

    Hy blaas ñ kus
    vir haar
    en sy bloos
    so pragtig
    dat dit die hele vertrek verlig .

    Die draadtjies
    in haar tande
    blink skoon in die sonlig
    wat deur die restaurant-venster
    oor haar skyn
    toe sy oopmond lag
    vir die ogies
    wat hy vir haar maak .

    Ek is net die buitestaander
    die siener
    die waarnemer
    wat die prentjie
    wat so pragtig
    voor my oë afspeel
    versigtig op ñ servet inkleur .


    ( 11/11/2011 01h01 )

      Current date/time is Tue 14 May 2024, 7:01 pm