FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Strauss wals

    Chantelle
    Chantelle


    Location | Ligging : Earth
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 39
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-08
    Age | Ouderdom : 42

    Strauss wals Empty Strauss wals

    Post by Chantelle Fri 18 Nov 2011, 3:30 pm

    Ek wens ek kon jou neem en in stilte onder n straatlig disekteer
    Miskien sal die sagte lig, jou liefde vir my kan reflekteer
    Sou ek dan in die waansinnige lig iets vir jou kon se
    Sou ek met bordkryt op die pad skryf hoe graag ek jou by my wil he

    Ek sal dan vir eers my mind op die sypaadjie los vir n ruskans
    Miskien my samba rokkie aantrek en soos n lawwe kind vir jou dans
    En onophoudelik lag terwyl my tone omkrul van plesier
    Want in hierdie kerslig oomblik het ek jou by my vir n uur

    Maar dit is tyd vir die daglig om te skyn en vir my mind om sy plek in te neem
    Tot dan kan jy dalk dans op die liedjie wat ek vir jou leen
    Ek wuif vir jou totsiens gedurende die daglig se skyn
    Tot vanaand onder die straatlig my vriendin, waar ek jou ontmoet vir n glasie wyn

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 1:28 am