FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Warrel wind

    Chantelle
    Chantelle


    Location | Ligging : Earth
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 39
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-08
    Age | Ouderdom : 42

    Warrel wind Empty Warrel wind

    Post by Chantelle Fri 18 Nov 2011, 3:34 pm

    In n wind verwaaide hart le daar n tolbos vasgevang
    Alleen en deurmekaar in haar diepste donker gang
    Sonder wedywer of lag struikel hy soos n kind
    n begeerte vir die gevoel van n somers warrel wind

    Wat sonder stuur of mening
    Binne n oogwink kan ontstaan
    Om die tolbos weer opnuut
    Van sy sorge te verslaan

    Maar in stof verdrink sy hoop teen die horison se lyn
    n gebroke hart gevestig in die lewens tronk van pyn
    met stille leemte verdwaal n gevoel wat hom bind
    vergete jare vasgevang in die waai van n warrelwind

      Current date/time is Tue 14 May 2024, 6:27 pm