FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Maskerade

    Chantelle
    Chantelle


    Location | Ligging : Earth
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 39
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-08
    Age | Ouderdom : 42

    Maskerade Empty Maskerade

    Post by Chantelle Fri 18 Nov 2011, 3:35 pm

    Gister se gevoel le weg gebere in die hoeke van my gesig
    Vandag, my masker ingekleur met my hart se emosielose gewig
    Geseel in die uithoeke van my mond le daar n lag wat nou en dan praat
    Die waarheid weggesteek maar die leuen so oneindig akkuraat

    En In n spieel staar daar n vreemdeling wat se hy ken my naam
    Die masker praat in tale en my realiteit stem nood gedwonge saam
    Dat agter die stof van hout verhale skree n siel wat hunker na n woord
    Wat my kan losbreek van die donker, van die vreemdeling in nood

    As jy maar net kon raai die gewig wat agter my masker skuil
    Sou jy jou glimlag vra om namens my te huil
    Want miskien in die rivier waar jou trane in leemte heen verspoel
    Sal ek my masker kan afwas en begin met my Skeppings doel

    Maar vir nou word ek beheer deur die wyser van die uur
    Om my masker aan te sit, die een wat jy vir my daagliks stuur
    Want die son se strale kontrasteer die kleure op my gesig
    More is ek die harlekyn op die voorblad van n koerant berig


      Current date/time is Tue 14 May 2024, 10:04 am