FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    n Kerslig genot

    Chantelle
    Chantelle


    Location | Ligging : Earth
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 39
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-08
    Age | Ouderdom : 42

    n Kerslig genot Empty n Kerslig genot

    Post by Chantelle Fri 18 Nov 2011, 3:42 pm

    Gister binne die hitte van n kers vlam het ek jou in n liedjie se wysie ontmoet
    Waar ek saam jou die ritme van jou gedagtes kon uit dans terwyl ons mekaar in n glimlag groet
    Jou voete het vir my in briewe gedans vir die dae waar gedagtes vasgevang was in my week
    En die alleenheid van my hand het weerspieel in die lug waar jou stem se woorde breek

    En daar met toe oe het ek jou geverf in die waarheid van my drievoudige bestaan
    Terwyl ek verlore geraak het in jou glimlag wat kleurvol hier voor my tekere gaan
    In die hitte van n vlam het jy sonder twyfel met die hart van jou vriendin gepraat
    In haar oor suutjies gefluister dat jy haar vir n seisoen sal moet verlaat

    Maar uit die klank van jou viool en herfsblare wat vir my sing
    Het ons vir mekaar n kerslig hitte in die koue winter na vore gebring

      Current date/time is Tue 14 May 2024, 8:23 am