FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die onlogiese gevolg van die kreatiewe proses

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die onlogiese gevolg van die kreatiewe proses Empty Die onlogiese gevolg van die kreatiewe proses

    Post by Rudi Coetzer Fri 18 Nov 2011, 4:49 pm

    My brein is los
    soos my vingers
    ( wat tik
    en send
    of enter )

    soos my tong
    ( wat sê
    wat vertel :
    met oudersomsbeperking
    taalwaarskuwing
    en inhoudswaarskuwing -
    en ook daarsonder )

    en is die enigste
    heilige koeie
    in Indië

    en trap ek soms
    ( te veel ? )
    in my eie shit !

    Maar ek leer nie !

    Tog weet ek :
    ek skryf nie
    vir mense nie .

    Ek deel met mense .

    En die shit
    wat mens soms
    as skrywer kry
    is part en parcel

    is prys

    en deel van die
    onlogiese gevolg
    van die kreatiewe proses .


    ( 22/02/2008 13h17 )

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 1:55 am