Selde of óóit seëninge:
Rooi verganklikheid, op die dienaars groei
hulle staan saam teen die aanslag
wat laat bloei
tevergeefs...
Vaders,
broers en neefs
staan saam
om te beskerm
om te ontferm
oor die swakkes...
oor die krankes
is hul arms soms té kort.
Hulle staan leeg, op die laaste sport
van ‘n leer wat lankal lendelam...
kranksinnig wieg, en splinters kam.
Selfs die reën sypel en verdwyn
deur oorwerkte wande, fyn
en tog laat dit óók...
sy merk, sy koue vuur stook!
Tot niet,
verdriet:
vir gegiet en vervangbare...
Want met roes, kom baie dinge...
G. Hermens, 9-12-2011.©
Photo by Patric John Duncan
Rooi verganklikheid, op die dienaars groei
hulle staan saam teen die aanslag
wat laat bloei
tevergeefs...
Vaders,
broers en neefs
staan saam
om te beskerm
om te ontferm
oor die swakkes...
oor die krankes
is hul arms soms té kort.
Hulle staan leeg, op die laaste sport
van ‘n leer wat lankal lendelam...
kranksinnig wieg, en splinters kam.
Selfs die reën sypel en verdwyn
deur oorwerkte wande, fyn
en tog laat dit óók...
sy merk, sy koue vuur stook!
Tot niet,
verdriet:
vir gegiet en vervangbare...
Want met roes, kom baie dinge...
G. Hermens, 9-12-2011.©
Photo by Patric John Duncan
- Attachments
- Johnny Duncan 1.jpg
- You don't have permission to download attachments.
- (115 Kb) Downloaded 5 times
Last edited by Gerrit Hermens on Sun 11 Dec 2011, 4:17 pm; edited 1 time in total