FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Vrede vir jou en my / Uitdaging

    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Vrede vir jou en my / Uitdaging  Empty Vrede vir jou en my / Uitdaging

    Post by Melanie van As Wed 14 Dec 2011, 9:21 pm

    Tussen die stratosfeer se strome
    wag jy my kind
    klein-bedek vir die wêreld
    om jou deur vrede te vleg.

    In koue en wasem
    is die maan net ‘n arm lank

    praat die sterre waar van die mens
    en die se naamlose oorlog
    in die arms van die son
    wat voete brand
    van al die genade
    wat reis deur jou siel.

    Tussen die stratosfeer se strome
    huil niks
    net die melkweg wag
    anderkant jou lag
    wat sag uit die hemel
    vir jou die prag
    met asem en liefde
    jou hande in toor.

    In jou tuiste lê my hart
    toe gerou en gebou
    van blink tot swart
    deur skaam slote-

    die merke van strome en drome
    wat geboorte gee
    aan my woorde
    wat saam jou my kind
    klein-bedek
    vrede wil invleg
    tot in more.

    Vrede vir jou en my.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Vrede vir jou en my / Uitdaging  Empty Re: Vrede vir jou en my / Uitdaging

    Post by Rudi Coetzer Tue 20 Dec 2011, 4:53 pm

    ek is mal hieroor.
    Dit is mooi en sag.
    en special.

    een voorstel:
    >>In koue en wasem
    is die maan net ‘n arm-ver weg
    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    Vrede vir jou en my / Uitdaging  Empty Re: Vrede vir jou en my / Uitdaging

    Post by Gerrit Hermens Wed 21 Dec 2011, 12:22 am

    Love it!

    Sponsored content


    Vrede vir jou en my / Uitdaging  Empty Re: Vrede vir jou en my / Uitdaging

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 6:07 am