FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die regte pil vir die regte pyn

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die regte pil vir die regte pyn Empty Die regte pil vir die regte pyn

    Post by Rudi Coetzer Thu 15 Dec 2011, 3:21 pm

    Ek voel die moegheid teen my rug opkruip .
    Jy weet mos :
    Dit begin so net bokant jou poepstring .
    Dan kruip dit so skelm-skelm deur jou laerug .
    Op .
    Op .
    En dan kry jy daai mos daai lam-ini-gat gevoel so in jou skouers . Teen daardie tyd begin jy al ronskuif in jou stoel .
    Of dink jy is slimmer as Hansie Slim en staan op en gaan rook ñ sigaret op die stoep ( as jy by jou werk is en daar is ñ rokers stoep of as jy by die huis is en jy is ryk genoeg om ñ stoep te hê of dan sommer in die driveway of op jou gras as jy gras het natuurlik ) .So werk jou brein mos … ‘ Nee wat , ek stap gou bietjie rond , dan sal die moegheid verby hou … ’
    Ja right .
    Skaars weer in jou stoel dan kom daai flippen klein gekamofleerde mannetjie nog ook by met sy lorrievrag vol sand …
    En so na die derde gaap vat moegheid sy kans en bliksem in jou nek in .
    Dan is jy gefok .
    Jip !
    Hierdie was een van daardie dae .
    Alles het net verkeerd geloop by die werk .
    En die feit dat buurman se teef op hitte is en die hele buurt se reuns jags is en laasnag die hele nag droewig gehuil en aanhoudend geblaf het , het nou nie juis gehelp nie .
    Bowenal op so ñ dag soos vandag is Vader tyd mos ook nog spiteful en kierie hy die tyd af .
    Fok !
    As dit ten minste net Vrydag was !
    Dan kon ek darem môre lê en poep ruik het tot die middagson my uit die bed uit bak .
    Nou is dit eers Woensdag …

    Sug .

    Teen 19h00 pak ek die laaste file weg .
    Verdomp !
    Nou is ek darem honger !
    Ek ruik al my vroutjie se lekker kossies wat reeds vir my wag .
    Vir die eerste keer vandag smile ek .
    Mmm …en na ete kan ek bietjie met mammie speel en die dag se stress relief .
    Dit behoort Klaasvakie die hasepad te laat kies !
    Hehehehehe !

    Gelukkig teen hierdie tyd van die aand is Pretoria se verkeer amper hanteerbaar .
    Meeste mense is al by die huis , maar die jollers neem al weer oor …
    Ek druk my karretjie se neus die verkeer in , draai radio Tuks op full blast en jaag om die robot groen te vang .

    Vyf en twintig minute later staan … eh … Wagter ( hehehehe … personal joke… )vir my stertswaaiend en inwag .
    Ek groet hom nie eers nie .
    My honger pyne is net te erg .
    Jaag die motorhuis in en briek met ñ piep ! van my gladde tyres op die sement .
    Die garagedeur maak oop in die kombuis .
    Ek slaan die deur sommer met die instap toe .
    Iewers gaan ñ rooilig in my brein af , but there’s nobody home .
    Toe ek voor die leë stoof stop kliek dit eers : Ek ruik nie my Baby se kos nie !
    Opgewonde stap ek na die Microwave toe .
    Klip die deur oop .
    Leeg .
    Damm ! ook nie eers take-aways nie .
    My maag brom .

    Ek gooi die motorsleutels op die sitkamer tafel en stap afwagtend kamer toe .
    My Babes moes een of ander surprise opgekook (excuse die pun) het .

    Ons kamer is donker …
    Ek sit die lig aan .
    Onder die komberse roer iets .
    Dis my Babes .
    Sy loer uit .
    Hare deurmekaar .
    Oë rooi .
    Lekker deur die kak geslaap .
    My moed sak in my skoene .

    “ Agge nee man fok Adriaan ! ” sis sy . “ Sit af die lig ! ”
    My moed sak meer .
    Sy noem my net Adriaan as sy befok is .
    Of as sy hoofpyn het .
    ( Anders is dit gewoonlik : My Suikerklontjie … )
    “ Damn Babes ” sê ek hoopvol . “ Is jy befok ? ”
    “ Aag fok Adriaan , kan jy nie sien ek het hoofpyn nie ? ”
    Nou moet ek mooi trap .
    “ Sjame .Nee Babes . Het jy ñ pilletjie gedrink ? ”
    “ Nee Adriaan ! Ek lê maar hier en suffer ! ”
    Ek wag vir die dramatiese stilte . ( My Babes is soms so predictable … ) .
    “ Ja fok Adriaan natuurlik ! ”
    Ek smile in my hart .
    My brein is damn vinnig …
    “ Babes , watse pilletjie het jy gedrink ? ”
    “ Duh ! ñ Hoofpynpil off course … ”
    My geheime smile groei .
    “ Nee Babes . Watse maak ? ”
    “ Paramed ” kom die antwoord .
    Damn , my smile is nou groot .
    “ Maar Babes , Paramed sal mos nou nie vir hoofpyn help nie … Jy moet mos die regte pil vir die regte pyn drink ! ”

    In die hardloop koes ek en sit die lig af .

    ( 9/04/2008 17h15 )

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 12:46 pm