Psaltis gee die toonnoot aan,
’n voorgebed vir ons;
vir my en jou wat voor God staan
om een in Hom te word.
swael en wierook seën die lug,
kerslig lek na bo;
heil’ge olie vul die kruik,
simbool van hoe ons glo.
ons bid dat God ons eenheid seën,
van "ek" en "jy" bevry;
ons samesyn soos God bedoel?
deur sakrament gewy.
2009.12.10
’n voorgebed vir ons;
vir my en jou wat voor God staan
om een in Hom te word.
swael en wierook seën die lug,
kerslig lek na bo;
heil’ge olie vul die kruik,
simbool van hoe ons glo.
ons bid dat God ons eenheid seën,
van "ek" en "jy" bevry;
ons samesyn soos God bedoel?
deur sakrament gewy.
2009.12.10