FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Wonde van waarheid ( Poet’s kus )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Wonde van waarheid ( Poet’s kus ) Empty Wonde van waarheid ( Poet’s kus )

    Post by Rudi Coetzer Wed 28 Dec 2011, 5:32 pm

    Afrikaans is soos Jesus
    wat gekruisig is
    en op die derde dag
    opgestaan het uit die dode
    om te sit
    aan die regterkant
    van die Afrikaner
    die almagtige
    om na hom te kyk .

    Engels is soos die
    Heilige gees
    wat altyd
    met ons is
    soms so sonder
    dat ons wis .

    Poetry is soos God
    almagtig
    ongesteur
    deur kleur
    en ras
    en taal

    gemaklik
    oor lande
    en kontinente
    en grense heen
    en sny soms
    tot op die been .

    En môre
    sal ek jou groet
    nie in Afrikaans nie
    nie in Engels nie

    maar met my poet’s kus .


    ( 29/08/2000 21h20 )

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 2:18 pm