Vandag het ek geproe aan spikkels van lag,
aan die spookasem van winter in swanger wag
...en aan jou.
Vandag het ek geraak aan die riffels van 'n
ligte bries wat skoppelmaai oor 'n skaam see,
aan die oophand gee van brood aan 'n arme van gees
...en aan jou.
Vandag het ek gevoel hoe die maan rimpel teen
'n dagblou hemel,
pasgebore euforie gevoel wat in my borskas wemel
...en vir jou.
Vandag het ek aan 'n doodgewone weeksdag
geproe, gevoel, geraak
...en vir jou.
© 2011 Almarie Truter