FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Splintersiel

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Splintersiel Empty Splintersiel

    Post by Claira Summers Fri 06 Jan 2012, 2:45 am

    Die wit salpeter sit onder die pikswart hings se saal en die stang trek ’n diep gleuf in sy sagte bek. Sy neusvleuels is wyd oopgesper en die klap van sy hoewe op die grondpad klink stomp en haastig soos hy op ’n baie vinnige hardloop pas die plaas aan twee skeur met die stof streep van die voorvaders grond agter hulle aan.
    Satan se ruiter klou stewig aan die teëls vas en skop met haar hakke in die perd se sye. Hy verstaan haar emosies vandat sy maar net nog ’n baie klein meisietjie was, maar vandag stem haar emosies die pragtige blink swart hings effens ontstuimig.
    Die lang gras swiep by hulle verby terwyl die stofpad in klipperigheid verander. Dit dui daarop dat sy amper by die randjies is, waar sy gewoonlik gaan wegkruip as alles te veel raak. Maar haar gedagtes het by die gastehuis agtergebly waar haar aanstaande baie omgekrap op haar wag. Of is dit haar aanstaande ?
    Die vrou op die perd is Lucia Havenga, die liefling van die klein boere gemeenskap van “Schanskuil”. Lucia was vir net ’n paar jaar van haar lewe weg van die plattelandse dorpie, die res van haar twee en veertig jaar, was sy hier. Haar perde opleidings stalle het haar en haar twee dogters goed aan die lewe gehou na haar ouers se afsterwe en die misterieuse verdwyning van haar ander helfte Albie Du Plessis.
    Lucia is ’n vrou wat nie ingehok wil wees nie, sy geniet elke aspek van die buitelewe en om vry te wees in die volle sin van die woord. Dit en haar aantreklike voorkoms en wonderlike maar tog plofbare persoonlikheid het die wen kombinasie gevorm en was die rede hoekom sy almal se liefde was, wat snaakse dinge kon aanvang, maar altyd skotvry daarvan sou afkom.
    Op hierdie oomblik is daar slegte bloed tussen haar en haar verloofde Reikert van Graan. Reikert wag al sewe jaar dat Lucia instem om met hom te trou. Die lewe staan nie stil nie, veral nie vir Lucia nie. Reikert is vier jaar jonger as Lucia maar sonder twyfel is hulle ’n pragtige paartjie, ongelukkig glad nie sonder probleme nie.

    Die randjies storm verby hulle en die perd blaas moeg deur sy neus. Lucia se trane vorm ook droe wit strepe op haar wange wanneer die vlinke perd stadiger met die randjies uit draf.
    Skielik begin hy sywaarts beweeg en runnik wild, die teken dat onraad skuil. Lucia praat rustig en vryf hom teen sy klammerige nek. Die geel kobra seil aggressief agter die rots uit en die swart hings skrik en beur op sy agterbene.
    Dit was onverwags vir die kranige jong vroue ruiter en sy val agteroor van haar vier potige kameraad se rug af soos n lappop. Lucia stamp haar agterkop op die skerp klip agter haar en die heder rooi bloed vorm dadelik n plas reg rondom die klip, dit loop in die sand en vorm n rivier teen die randjie af. Die lojale dier bly tussen die slang en sy ruiter, onbewus van die feit dat haar besering fataal is en hy nie veel sal kan doen om haar te red nie. Toe die glibberige reptiel in die gras verdwyn, draai die nou ontstelde perd na Lucia wat leweloos tussen die klippe le. Hy stoot aan haar lyf met sy neus en runnik. Na n paar minute van rond trippel en luide runnikke wat die vallei en koppies deur sny, het sy instink oorgeneem en hy hardloop terug na die gaste huis om die mense wat vir Lucia wag te gaan soek vir hulp.
    Die vallei bly stil hang in die skemerlig toe Satan se luide hulp krete die werf deur trek. Reikert van Graan spring op toe hy die hings se runnik hoor. Dankie vader sy is terug voor heeltemal donker, dink hy en stoot die voordeur oop. Die lee saal en die erg versteurde perd laat die bloed deur sy are bruis, hy weet dadelik dat daar fout is en probeer die perd kalmeer.
    “Tannie Dottie, Tannie Dot !!” skreeu hy luidkeels toe hy die leisels stewig beet kry.
    Die kort stewige tante sukkel by die deur uit, “Genade kind, wat skreeu jy so? My swak hart !” die tannie gewaar ook die perd sonder ruiter en soos Reikert klop haar hart tot bo in haar keel. ‘n diepe blik van bekommernis speel tussen die twee mense en die sagte vrou kan die vrees in haar klein neef se oe sien.
    “Bel die polisie, en vir Dr Stefaans asb tannie, iets is verkeerd, Satan sou nie kom roep het nie, Dis Lucia ek kan dit voel!” Trane loop oor die jong man se wange. Die vrees vir sy geliefde Lucia se lewe oorweldig hom. Deels oor hy haar so lief het en deels omdat hulle soos vyande uitmekaar is.
    Hy draai die hings om na die pad se kant en kyk nog een maal terug na die weerlose tante by die deur, dis al wie hy het om vertroosting by te soek.
    Reikert vra die perd om hom na Lucia te vat. Die dier weet presies wat sy nuwe ruiter wil he en hardloop pligsgetrou na die rante se kant om sy geliefde Lucia te hulp te staan.

    Lucia, het erge bloeding deur die wond aan haar kop en die feit dat dit die perd om en by n uur geneem het om die pad terug gastehuis en weer terug te voltooi, gee haar geen kans op oorlewing nie. Die feit is dat die impak so groot was, die jong vrou het binne sekondes gesterf. Die lewe wat sy so lief gehad het, is in sekondes van haar weggeneem. En vir die wat agter bly is haar stem nou stil en haar plek nou leeg.
    Reikert kom langs lucia se liggaam tot stilstand, hy sien onmiddelik dat sy te stil le om te leef. Sy hart sak tot in sy buik, en die skok dwing hom op sy kniee langs sy geliefde Lucia!! “Lucy girl, Lucy kan jy my hoor?” prewel hy deur die trane, sy liggaam begin skud in ongeloof en onkenbare hartseer. Hy tel die pragtige vrou in sy arms op en vee haar hare uit haar bleek gesiggie. Die man met die diep blou oe is gebreek. Hy sit met die lewelose Lucia in sy arms vir nog n halfuur. Die swart hings staan langs die twee mense, sy kop gesak en vooroor asof hy weet, en ook sy siels maat verloor het.
    Na nog n kort rukkie, kom die ligte van n voertuig in die verte net aan die voet van die kliprandjie tot stilstand.
    “Reikert, Reikert is jy daar bo?” Speur Sersant Greyling klim uit die polisie voertuig. Hy sien in die donker die figuur van n man aangestap kom. Reikert kom voor hom tot stilstand en lig sy kop op om sy vriend van jare in die oe te kyk. “Sy is dood Herman, sy is dood, Ek dink sy is dood”
    “Liewe genade Reikert, waar is sy?’ die polisieman en goeie vriend van alby Reikert en Lucia, drafstap na waar die swart hings nog staan met sy kop onderstebo. Sy moed wil hom begewe soos hy nou die liggaam nader. Kan dit wees ? Lucia, dood? Hy kyk na die stoere boer agter hom wat verdwaas staan voor die pyn, en hy wonder wat die nadraai van hierdie wonderlike vrou se dood vir Reikert en die res van die gemeenskap sal he.

    Die son kom al vir meer as tien jaar vlouer op vir die dorpie in die skadu van die waterberge. Die stofpaaie kronkel met ’n soort hartseer. Op Reikert se plaas draai die windpomp stadiger en die spoelklippe lyk vaal.

    Die lewe gaan normaal voort vir die gemeenskap en die ander inwoners van die klein plaas gemeenskap sien nie die stofpaaie so hartseer en die windpomp se pyn nie. Reikert sien dit so, sy hart word nie gesond nie en die lewe het vir hom flou en sonder intensieteit geword. Die enigste siel in die wereld wat hom die greintjie lewe wat nog oor is in hom kan aan die gang hou, Tannie Dottie.
    Sy sit by die klein tafeltjie in haar geur ryke kombuis waar alles wat sy nodig het om haar gepak is sodat sy nie baie hoef rond te loop met haar seer heup nie. Die geur van gemmer, kaneel en rooibostee hang in die lug.
    Sy kyk op toe Reikert die vertrek binne stap en glimlag sag met deurnis. “Kom sit Reikie, ons drink ’n bietjie tee.” Reikert sit langs sy tante en laat sy hand sagkuns hare omvou. Hy kyk op na haar met sy diep blou oë en die seer weerkaats in tannie Dottie se siel. “Ai my kind, daardie hartseer oë van jou maak my sommer melankolies, glimlag vir jou enigste tante toe”
    ’n Klop aan die deur versplinter die oomblik waarin die twee goeie mense al jare vasgevang is en nie een van die twee het ’n idee hoe die naby toekoms sal verander in die volgende paar minute nie.
    Tannie Dottie staan op en stap sukkelend na die groot swaar voordeur en trek dit oop. Sy vries in haar spore toe die helder son agter die rooikop meisie op die stoep wegraak en die tannie sien die meisie se gesiggie duidelik. Tannie dot se reaksie is heeltemal te verwagte, die beeldskone meisie met die lang golwende rooi hare en diep seeblou oë, lyk op ’n druppel water net soos Lucia. Selfs tien jaar na haar dood is die sewentig jare tannie se beeld van Lucia so vars of sy haar ’n uur gelede getroos het.
    Die ouer vrou staan doodstil en daar speel ’n vreemde verlange in haar oë die meisie op die stoep begin praat. “Goeie middag Mev. Ek is Leila Stohrm, ek is op soek na Reikert van Graan. Is ek by die regte plek ?” sy glimlag soet en steek haar hand na die verstomde tannie in die deur uit. Tannie Dottie glimlag en terwyl die trane oor haar wange stroom roep sy: “Reikie, kom kyk gou sy is terug, sy is hier op die voorstoep!”
    Reikert stap na die deur en kyk onder sy plaas hoed deur. Die verstomming op sy gesig vertel ’n storie van verlange hunkering en pyn. Die meisie op die stoepie kon net sowel Lucia wees. Reikert kyk met innige deernis na die vrou wat voor hom staan en is met stomheid geslaan. “ Goeie middag, ek neem aan u is Reikert van Graan, ek is Leila Stohrm, ek is Lucia Havenga se dogter. Kan ek met u praat oor waar ek haar kan opspoor?

    Die stilte daal neer op die erfplaas en die stof gaan lê asof die wind ophou met sy weemoedsklaag. Vir ’n oomblik is daardie pers in die jakaranda blomme en die gras begin lewe soos net ’n lentegroet dit kan laat doen.


      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 4:29 am