Terwyl die lewe verbyjaag
En die dood vir elke een wag
Terwyl die son sy weg oor die aardbol baan
Terwyl die duiwel vir ons almal lag
Draai ek om en om in my kop
Die gedagtes wil net nie stop
Dink ek aan jou
En aan my
En ons storie wat aanhou en uithou
Sodra die besigheid optel
Sodra die spaargeld genoeg is
Sodra ons ‘n plaas kan bestel
Sodra ons minder moeg is
Draai die gedagtes om en om
Word ek moeg van wag en glo en hoop
Dink ek aan jou
En aan my
En ons storie wat aanhou en uithou
En die dood vir elke een wag
Terwyl die son sy weg oor die aardbol baan
Terwyl die duiwel vir ons almal lag
Draai ek om en om in my kop
Die gedagtes wil net nie stop
Dink ek aan jou
En aan my
En ons storie wat aanhou en uithou
Sodra die besigheid optel
Sodra die spaargeld genoeg is
Sodra ons ‘n plaas kan bestel
Sodra ons minder moeg is
Draai die gedagtes om en om
Word ek moeg van wag en glo en hoop
Dink ek aan jou
En aan my
En ons storie wat aanhou en uithou