terwyl ek stilweg worstel
met seer sonder antwoorde
hardop lag na buite saam met ander
soos glas in stukke val en breek
gaan die lewe aan
is daar steeds prag
gryp ek jou hand my skat
om hulp te verleen in die nag
voel ek jou greep
om my op te lig uit die gat
staar ek na jou
terwyl jy sag asemhaal
in jou slaap rus vind
sonder idee wat ek dink
laat ek my hoof neer
want more is daar meer
meer om te ervaar
meer om te sien
meer seer
darem ook ‘n keur
wat in die toekoms wag
2012/kopiereg/EEvdMerwe