FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Vonke van sy denke

    Mefri
    Mefri


    Posts | Bydraes : 2
    Points | Punte : 4
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-21
    Age | Ouderdom : 67

    Vonke van sy denke Empty Vonke van sy denke

    Post by Mefri Mon 23 Jan 2012, 4:52 pm

    Ontspanne leun jou geleefde lyf

    teen die bekendheid

    van ‘n silwer-plaashek draadbaadjie

    sy klingelende kettinghaak; lossies deur ‘n ring gevleg

    waaronder ‘n lowergroen tweespoorpaadjie

    kronkelend na voor en agter strek



    graspolle en korrelklipsand

    knars krakend onder jou veldskoensool

    en terwyl jou regtervoet sy knus-plek

    op die onderste dwarspaal streel;

    speel ‘n pypbekroonde ouman-kindwees;

    huppelend in dieptes van die natuurskoon



    jou oë het versag

    toe gedagtes jou wegvat

    na doerbo

    waar die valkies rinkelend

    binne in die vonke van jou denke sweef

    in die sirkelgang waar begin aan einde kleef



    Last edited by Mefri on Mon 23 Jan 2012, 6:06 pm; edited 2 times in total
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Vonke van sy denke Empty Re: Vonke van sy denke

    Post by Rudi Coetzer Mon 23 Jan 2012, 8:04 pm

    mal hieroor.
    jou bewoording.
    die prentjie wat jy skilder.
    alles.
    dink dis jou beste werk.
    en eks bly dat dit heeltemal anders is as al jou vorige werk.
    jyt nou jou eie kreatiewe Rubicon oorgesteek.
    uit jou boks uitgeklim...
    en gewys waartoe jy werklik in staat af.
    (ekt dit nog altyd geweet..maar jy 4 jaar gevat om my reg te bewys...)....
    noudat jou ware vermoe hier ten toon gestel is,beter jy deliver van nou af.
    ek kyk uiot en hou jou dop.
    Very Happy
    Mefri
    Mefri


    Posts | Bydraes : 2
    Points | Punte : 4
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-21
    Age | Ouderdom : 67

    Vonke van sy denke Empty Re: Vonke van sy denke

    Post by Mefri Mon 23 Jan 2012, 9:48 pm

    Baie dankie Rudi, dit is dierbaar van jou, dankie dat jy nie ophou glo het in my nie.

    Sponsored content


    Vonke van sy denke Empty Re: Vonke van sy denke

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 6:15 pm